.

Ouma word 112

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Carol en Stanley van Wyk saam met ouma Nora de Kock. FOTO: carina roux
Carol en Stanley van Wyk saam met ouma Nora de Kock. FOTO: carina roux

Ouma Nora de Kock van Sarepta, wat volgens haar identiteitsdokument op 12 Mei 1910 gebore is, mag moontlik Kaapstad of ten minste Kuilsrivier se oudste inwoner wees.

Carol van Wyk sê sy was die plaaslike wyksraadslid se assistent toe ouma Nora 100 geword het en hulle vir haar ’n viering gereël het. Sedertdien het sy, en later ook haar man, Stanley, daarvoor gesorg dat die dag elke jaar behoorlik gevier word.

Carol het gereël om die 112de verjaarsdag verlede Donderdag met 40 senior burgers uit die gemeenskap in die saal van die Sarepta-sportterrein te vier.

Kort voor die geleentheid verlede Maandag het sy verneem die winkel wat die vorige vier jaar ruim bygedra het met skenkings, sou vanjaar net ’n koek kon verskaf.

“Dit was ’n groot teleurstelling,” sê Van Wyk. “Ek het so groot geskrik, maar ek het vir my kollegas gesê ek glo en vertrou die dag sal ’n sukses wees.”

Dieselfde aand het sy twee oproepe gekry – een vir ’n koekskenking en een van Bahia Janodien wat haar uitgevra het oor ouma Nora.

“Dinsdag het sy teruggebel en gesê ‘don’t worry, we’ll sort out everything’. Bahia het my dag gemaak,” sê Van Wyk.

“Sonder haar hulp weet ek nie wat ons sou gedoen het nie.”

Van Wyk sê Janodien het verskeie borge betrokke gekry, maar plaaslik moet sy ook vir Martin Burke bedank vir sy bydrae en Beryl Rose, wat haar en ouma Nora se hare gedoen het.

Janodien van Mitchells Plain is die stigter van die Shumeez Scott Foundation, v ernoem na haar dogter met Downsindroom, wat ook deel van die vieringe was.

“Mense met spesiale behoeftes moenie gestigmatiseer word nie en wil net deel wees van die samelewing,” sê Janodien.

‘‘Die Almagtige het dit op my hart geplaas (om te help met die viering). Al waaraan ek kon dink, was daai 112. Al het ek nie ’n sent gehad nie, het dit my nie gestop nie.”

Van links is Carol van Wyk, xx, Shumeez Scott,xx, Bahia Jonadien Nora de Kock (112). xx sit op ouma Nora se skoot. FOTO:
Shameez Scott en ouma Nora de Kock.
Ouma Nora op die dansvloer saam met Bahia Janodien (regs).FOTO:
Van links is Annie Croft, Lenora Williams en Francis Smith met hul pakkies van die Stad Kaapstad wat deur Wouter de Vos, wyksraadslid verskaf is. Agter staan Annceline Jansen wat uitgedeel het. FOTO:
Ouma Nora kyk na die geskenk wat die jongeling aan haar oorhandig het.FOTO:
Ouma Nora klim in die 1958 Buick van Ziyaad Williams. FOTO: Carol van Wyk
Carol en Stanley van Wyk saam met ouma Nora de Kock. FOTO: carina roux

Janodien sê almal wat sy om hulp genader het, het gesê dit sal ’n eer wees.

Ouma Nora is Donderdag van haar huis na die saal geneem in ’n 1958 Buick, wat deur Ziyaad Williams van die Distrik Ses Hanover Klopse verskaf is.

Carol vertel die kar het so op en af gewip in die ry en al die kinders het na die draad gestorm toe hulle vir ’n kort rukkie voor die Laerskool Sarepta gestop het.

By die saal aangekom, is ouma Nora verwelkom deur Shumeez, wat by haar arm ingehaak het om saam die saal in te stap. Shumeez, wat ook ’n model en titelhouer van ’n internasionale skoonheidskompetisie (Magnificent Women International) is, het haar kroon op ouma Nora se kop gesit.

Janodien het gesê al wat sy van ouma Nora kan vra, is om vir die Shumeez Scott-stigting te bid.

Danksy verskeie borge kon die gaste heerlike verversings en middagete geniet. Daar was ook vermaak met musiek en sang. Ouma Nora het self ’n vlugtige draai op die dansvloer gemaak.

Ouma Nora het sowat 20 jaar gelede ’n beroerte gehad, maar kan nog sonder hulp loop, al pla haar heup of voete soms.

Sy doen so veel moontlik self. Soggens maak sy self pap en sy kook graag tamatiekos of sop, sê sy.

Sy is in die Paarl gebore en het vroeër jare op plase gewerk en ook as huishulp. By vorige geleenthede het sy gesê van haar gelukkigste herinneringe sluit in toe apartheid afgeskaf is en toe sy haar huis gekry het.

Haar geloof is vir haar belangrik.

Sedert die pandemie gaan sy nie meer kerk toe nie, maar die pastoor kom besoek haar, sê Van Wyk.

besig om te laai... Regstreeks
Serbia 185/4
Bulgaria 122/1
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 187/4
Bangladesh 234/10
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10
New Zealand 329/10 & 168/5
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.39
+0.0%
Rand - Euro
16.68
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.97
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos