.

Passie vir onderwys laat haar onderwys kies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Delanie Geldenhuys van die Alta du Toit-skool het die provinsiale onderwystoekenning vir spesiale behoefte-onderrig ontvang. FOTO:
Delanie Geldenhuys van die Alta du Toit-skool het die provinsiale onderwystoekenning vir spesiale behoefte-onderrig ontvang. FOTO:

Haar passie vir kinders met spesiale behoeftes is die rede hoekom Delanie Geldenhuys onderwys as loopbaan gekies het.

Geldenhuys ’n onderwyseres aan die Alta du Toit-skool is Vrydag 9 September by die provinsiale onderwysdepartement se onderwystoekennings as wenner in die kategorie vir spesiale behoefte-onderrig aangewys.

Sy kom ook in aanmerking vir die nasionale toekennings wat in Oktober aangekondig sal word.

Marius Erasmus, hoof van die Alta du Toit-skool, sê hulle is baie trots op Geldenhuys. Sy is die vierde onderwyser van die skool wat die spesifieke toekenning ontvang.

Geldenhuys het in 2010 die eerste keer by Alta du Toit begin aflos en is sedert 2014 permanent aangestel. Sy het in Kuilsrivier grootgeword en is ’n oud-leerder van die Laerskool Mikro en die Hoërskool De Kuilen. Ná matriek in 2002 het sy eers ‘n jaar afgevat.

“My ma het gesê, vind net eers jou voete en kyk wat jy wil word.”

Vind haar passie

Geldenhuys sê sy kan baie goed onthou dit was in Mei daardie jaar (2003) toe sy haar passie ontdek het.

“Dit was met hemelvaart - ons het gaan kuier vir vriende van my ma-hulle. Hulle kleindogter was daar, want haar skooltjie, Cheré Botha (spesiale skool), was toe.”

Haar kennismaking met die sesjarige meisie met Williams-sindroom het haar oortuig. “Toe ons in die kar klim, toe sê ek vir my ma: Dit is wat ek wil word – ’n onderwyseres vir kinders met spesiale behoeftes.”

In 2004 het sy aan Unisa begin studeer om haar onderwys-graad te behaal. Ná vier jaar se studies is sy vir twee jaar Engeland toe waar sy by verskeie skole regoor Londen – ook vir spesiale behoeftes – onderrig gegee het, sê sy.

Met haar terugkeer het sy by die Alta du Toit-skool begin aflos. “En hier’s ek nou nog,” sê sy met ’n laggie.

Geldenhuys sê dit is baie belangrik hoe elke kind in haar klas se sitplek ingerig word. Vir elke leerder het sy ’n plekmatjie wat spesifiek aangepas is volgens die kind se vermoëns. Die wat meer gevorderd is se plekmatjies het byvoorbeeld meer getalle. Sy verduidelik prentjies maak dit baie makliker vir leerders wat nie-verbaal is. “Ek kan wys na die prentjies terwyl ons ’n aktiwiteit doen.”

Maak leer lekker

Geldenhuys spoor die gebruik van tegnologie aan en dien onder meer op die skool se rekenaarkomitee. Sy is in beheer van ’n rekenaarprogram vir visuele vaardighede asook om toepassings te verkry vir die skool se tabletrekenaars wat spesifiek op die kinders gerig is. Tegnologie word gebruik as instrument om leer makliker te maak, sê sy.

Daar is ’n ‘‘sterre-kaart’’ in haar klaskamer om die leerders deur beloning aan te spoor. “Die leerders het verskeie doelwitte,” sê sy. Hoewel daar sommige doelwitte is wat vir almal geld, het elke kind ook hul eie doelwitte. Vir daaglikse doelwitte gee sy ’n sterretjie en aan die einde van elke week is daar ’n ster-van-die-week-sertifikaat. “Ek skryf ook waarvoor dit is, byvoorbeeld vir deelname,” sê sy.

In die nominasie vir die toekenning word genoem dat Geldenhuys as die skool se ‘‘Bingo-guru’’ bekendstaan. Sy is baie passievol oor die speletjie. “Ons leerders leer deur te speel,” sê sy.

Hulle vereenvoudig die speletjie, maar kan dit ook vir elke kind individueel aanpas volgens elkeen se ontwikkelingsvlak terwyl die kinders nog steeds aan ’n groep-aktiwiteit kan deelneem.

Geldenhuys het al werksessies vir kollegas aangebied oor hoe Bingo gebruik kan word om te help met die aanleer van ander lewensvaardighede of tale. “Dieselfde tipe speletjie maar vir ander leer-areas.”

Roetine is iets wat kinders veilig laat voel en in Geldenhuys se klaskamer is ’n ‘‘prentjie-rooster’’ opgeplak om hiermee te help. Die rooster beeld die onderskeie aktiwiteite visueel uit – soos tasse uitpak en hande ontsmet wat nog steeds alledaags is.

“Dit is ’n manier om die leerders voor te berei vir wat gaan gebeur. As iets anders gebeur dan gaan ons vooraf deur die hele dag se rooster en sê wat is anders.” Sy sê van die erg verstandelik gestremde leerders ervaar nog steeds bietjie angstigheid. “As jy hulle voorberei dan voel hulle veiliger en meer gerus.”

Haar leerders is gewis in veilige hande.Berig kan hier eindig as spasie knap is (maw sny vanaf laaste crosshead)

Motivering vir benoeming

Die benoeming vir die toekenning maak ook melding van:

Individuele fokus om leerders se behoeftes eerste te stel.

Sy werk nou saam met die skool se arbeids- en spraakterapeute om aanpassings te maak volgens onderskeie leerders se leer-hindernisse.

Sy hou die leerders en hul ouers op hoogte van hul vordering.

Haar klaskamer is pragtig versier en spreek van goeie beplanning.

Sy is betrokke by die reël van verskeie jaarlikse geleenthede by die skool.

Sy dien op verskeie komitees (hulpbron, sport, fondsinsameling, rekenaars).

Sy is betrokke by die ontwerp en voorsiening van kurrikulum-hulpbronpakkette vir haar kollegas en haar eie klas.

Sy woon gereeld ontwikkelingskursusse by om haar loopbaan te bevorder.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos