.
Deel

Polisie slaan slag met dwelms en wapen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dwelms wat by ’n verdagte in Ravensmead afgeneem is.
Dwelms wat by ’n verdagte in Ravensmead afgeneem is.

Misdaadvoorkomingsbeamptes wat strategies geplaas is om grypdiewe in Bonteheuwel te vang, het verlede week vinnig ingespring en ’n bendegeveg gestop.

Dié groep, wat langs Jakes Gerwelweg gestasioneer is, het gesien hoe twee strydende bendes mekaar met klippe begin gooi.

Volgens sers. Samantha Adonis, polisiewoordvoerder, het die beamptes gesien een van die bendelede gaan op sy knieë en wys iets in die rigting van die ander groep. “Die beamptes het hulle na die toneel gehaas en die verdagte het weggehardloop. Die beamptes het hom tot in ’n nabygeleë eiendom in Turksvyweg gejaag, waar hulle hom in hegtenis geneem het,” sê Adonis.

Sy sê die 32-jarige verdagte was in besit van ’n 9 mm-pistool. “Daar is gevind dat die vuurwapen verstop was en dit is die rede hoekom ’n skoot nie afgegaan het nie. Was dit nie vir die spoed waarmee die beamptes opgetree het nie, sou daar beslis lewensverlies gewees het. Ons wil die beamptes bedank vir hul flink diens,” sê sy.

In ’n voorval verlede week het die Ravensmead-polisie ’n verdagte weens handel in dwelms in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Odwa Makapula, polisiewoordvoerder, het die misdaadvoorkomingseenheid inligting ontvang dat dwelms by ’n sekere huis in Erika-landgoed verkoop word. “Beamptes het die inligting opgevolg en die huis gaan deursoek. Die beamptes het 76 heel Mandrax-pille, 13 pakkies dagga, 67 pakkies tik, en 22 tiklollies by ’n 63-jarige verdagte gevind,” sê Makapula.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 228/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.21
+0.3%
Rand - Pond
23.87
+0.4%
Rand - Euro
20.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.45
+0.7%
Palladium
1,412.92
+0.5%
Goud
1,962.71
+0.0%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos