.

Projek gaan van krag tot krag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, en Eugene Grobler van die Broken Window-groep in Blommendal.
Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, en Eugene Grobler van die Broken Window-groep in Blommendal.

Blommendal se Broken Window-groep het ’n groot hupstoot gekry toe AfriForum se Kaapstad-Noord-tak verlede naweek gehelp het om bome in een van die buurt se parke te plant.

Daar het ’n feestelike atmosfeer geheers toe dié groepe saam met inwoners Saterdag by die Ysterhoutparkie bymekaargekom het om die Blommendal-boomplant- en lentedag te vier. Inwoners het produkte by stalletjies verkoop en die Broken Window-groep het worsrolletjies verkoop om geld vir hul projekte in te samel.

TygerBurger het voorheen berig hoe inwoners self inspring om hul gebied ’n beter plek te maak.

Vrywilligers wat langs De La Haye-rylaan tuin gemaak het, gaan ook die naambord van die woonbuurt se derde ingang in Koraalboomstraat mooi maak.

Die projek het die afgelope twee maande vinnig stoom opgetel, met borge en vrywilligers wat aan boord gekom het.

Die Stad het onder meer 13 witstinkhoutbome geskenk sodat hulle in vier parkies in Blommendal geplant kan word, waarna AfriForum ’n bykomende 17 bome geskenk het. By verlede Saterdag se byeenkoms het hulle nog vier bome geskenk.

“Die Ysterhoutparkie is al geruime tyd bekend vir kinders wat balskop, fietsry en op die parkie se speelapparate speel en dit was lekker om die parkie op dié manier verder te verfraai,” sê Eugene Grobler, koördineerder van die Broken Window-projekspan. “Ons wil weer eens aan elkeen van ons borge baie dankie sê vir hul bydrae. Baie dankie aan elkeen wat by die stalletjies gewerk en gebraai het. Dit was ’n feestelike atmosfeer.”

Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, sê hulle voel bevoorreg om by die projek betrokke te raak. “Die gemeenskap se betrokkenheid by die projek kan as voorbeeld dien van die krag van doodgewone inwoners wat besluit om ’n verskil in hul buurt te maak. Dit dien as ’n voorbeeld vir ander woonbuurte in die noordelike voorstede van Kaapstad.”

Hulle beplan nou om die speelapparate in die vyf parke in Blommendal af te skuur en oor te verf en ook om bankies in die parke te installeer, waar gesinne kan sit om die buitelug te geniet.

Van Zyl moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte van die tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak.

  • SMS “Kaapstad-Noord” na 45350 (R1).
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos