
SA Water Warriors het sy eerste uitreikprojek vir die jaar gehou.
Hierdie organisasie het op Saterdag 4 Maart van Goodwood na Merweville vertrek om broodnodige kospakkies aan gesinne in daardie gemeenskap te oorhandig.
Daar het hulle 170 gesinne met kospakkies gehelp, asook die plaaslike skool en koshuis.
SA Water Warriors het ook bejaardes op die dorp met ’n geskenkpakkie verras.
“Ons het ook ’n vrag van 1 000 bale lusern afgelaai,” het Deon Smit, die stigter van die SA Water Warriors, gesê.
Verder het die organisasie ’n bedrag van R50 000 aan die plaaslike boere geskenk vir diesel wat onder die plaaslike boere versprei sal word.
Volgens Smit was die dankbaarheid oral te sien.
Smit sê hul volgende uitreikprojek is op 20 Mei na Leeu-Gamka, waar hulle 180 families gaan help.
Enigeen wat ’n donasie wil maak of die Water Warriors wil bystaan, kan Smit by 082 738 2702 bel.