.

Sakevrou van Delft styg uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Charney Snell is vandag ’n suksesvolle sakevrou.
Charney Snell is vandag ’n suksesvolle sakevrou.

As sy terugkyk op haar lewe, kan ’n suksesvolle sakevrou van Delft net die Here dank dat sy nog lewe.

Charney Snell se lewe het baie kronkelpaaie deur dwelmmisbruik, tienerswangerskap en bende-aktiwiteite geloop dat dit moeilik is om te glo wat sy bereik het.

Alles het op 13 jaar begin toe sy begin sigarette rook het.

“Dit het maar as stoutigheid begin, maar het geleidelik gelei tot die gebruik van harde dwelms. Ek was ’n baie rebelse kind; het gedoen net wat ek wou,” sê Snell, wat ’n suksesvolle haarproduk-onderneming bedryf.

Terugskouend dink sy die afwesigheid van ’n vaderfiguur in haar lewe het bygedra tot haar gedrag.

“My huislewe was gelukkig, maar my pa is oorlede toe ek slegs 10 jaar oud was. Ek dink dit was ’n keerpunt. Ek het standerd 5 (deesdae graad 9) die skool verlaat en teen die ouderdom van 15 was ek swanger met my eerste kind,” sê sy.

“Sy pa was ’n lid van die 28-bende en ek het deel geword van sy aktiwiteite.

“Daar was al op my geskiet; ek is al met ’n bom gegooi. Saam het ons dwelms verkoop. Hy is uiteindelik tronk toe.

Draaipunt in haar lewe

Op 18 het ek my man ontmoet.

“My kêrel wat in die tronk was, het gedreig hy gaan my doodmaak as hy uitkom, want hy was een van die dikdinge in die bendewêreld van Delft.”

Hoewel Snell toe haar man ontmoet het, was sy steeds vasgevang in dwelms.

“Ek het van hom gesteel en het aanhou dwelms gebruik. Hy het egter nooit opgegee op my nie en my deurlopend ondersteun. Ek was by verskeie rehabilitasiesentrums en hy het kerkmense na my toe gebring om vir my te bid. Hy en my ma het nooit ophou bid vir my nie en daarvoor sal ek hul ewig dankbaar wees,” sê sy.

Omdat sy nie ver op skool gevorder het nie, was werk skaars, maar sy het een talent gehad.

“Ek het mense se hare by die huis gedoen en al hoe meer mense het na my toe gekom. Vriende en familie het my aangemoedig om my dienste op sosiale media te adverteer en dit het gou byval gevind. Ek het tans meer as 2 000 volgelinge op die blad. Intussen het ek ook begin om produkte vir natuurlike haarprodukte te meng en te verkoop en dit gaan uitsonderlik,” sê sy.

Deesdae verkoop sy ook klere, maar haar groot passie is om vir mense te vertel dat daar hoop is.

“As ek uit my omstandighede kon opstaan, kan enigiemand.”

Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.62
+0.5%
Rand - Euro
17.72
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.44
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,749.65
-0.5%
Silwer
21.20
-1.2%
Palladium
1,851.00
-0.3%
Platinum
976.35
-0.8%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,753
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos