.

Sarepta-kliniek word opgeknap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is Wouter de Vos (wyksraadslid), prof. Vera Scott (gebiedsbestuurder van Stad Kaapstad se departement van gesondheid), Theda de Villiers (Stad Kaapstad: gesondheid), Heinrich Fritz (gebiedshoof: omgewingsgesondheid van Stad Kaapstad), Ronel Viljoen (voorsitter: portefeuljekomitee vir gemeenskapsdienste en gesondheid) en Leonore Fortuin-Johnson (kliniekbestuurder).FOTO’S: Carina Roux
Van links is Wouter de Vos (wyksraadslid), prof. Vera Scott (gebiedsbestuurder van Stad Kaapstad se departement van gesondheid), Theda de Villiers (Stad Kaapstad: gesondheid), Heinrich Fritz (gebiedshoof: omgewingsgesondheid van Stad Kaapstad), Ronel Viljoen (voorsitter: portefeuljekomitee vir gemeenskapsdienste en gesondheid) en Leonore Fortuin-Johnson (kliniekbestuurder).FOTO’S: Carina Roux

’n Amptelike openingsgeleentheid is op Vrydag 18 November by die Sarepta-kliniek gehou nadat aanbouings en verbeterings aan die fasiliteit onlangs afgehandel is.

Die opknapwerk van R3,7 miljoen is in 2019 deur die Stad Kaapstad goedgekeur. Die konstruksie kon in Maart vanjaar begin nadat dit aanvanklik weens die Covid-19-pandemie vertraag is.

Die kliniek het nou ’n afsonderlike deel met ’n wagkamer vir tuberkulose-pasiënte. Daar is ook ’n groter ontvangsgebied, ’n dokumente-kamer, ’n groter apteek, ruim stoorkamer, bykomende spreekkamers en kantore, openbare toilette, ’n personeelkamer, asook ’n huisie vir die sekerheidswag buite die kliniek.

Prof. Vera Scott, gebiedsbestuurder van die Stad se gesondheidsdiens, het Leonore Fortuin-Johnson, kliniekbestuurder, en haar personeel geprys omdat dienslewering tydens konstruksie voortgegaan het – al moes hulle ’n geruime tyd van die saal langsaan gebruik maak.

“Die personeel moes letterlik die kliniek oorskuif en weer terug toe die nuwe fasiliteit middel Oktober gereed was.”

Scott sê dis merkwaardig dat die Sarepta-kliniek binne die eerste maand in die nuwe fasiliteit die hoogste platinumstatus kon behaal – volgens die Stad se maatstaf waarvolgens fasiliteite en die dienste deur ’n volledige oudit beoordeel word.

Die bouplan maak voorsiening vir toekomstige uitbreidings, sê Scott. “Hierdie is fase een en vir die toekoms is daar fase twee, wanneer die behoefte ontstaan om nog ’n vleuel aan te bou.

Die aantal mense wat die kliniek bedien het, sedert 2019 van 18 000 tot 23 000 vanjaar toegeneem.

besig om te laai... Regstreeks
Australia 189/3
West Indies 0
besig om te laai... Regstreeks
Nepal 34/3
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Easterns 39/2
South Western Districts 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Northern Cape 0
KwaZulu-Natal Inland 0
Rand - Dollar
17.19
-0.2%
Rand - Pond
20.95
+0.0%
Rand - Euro
18.08
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,783.33
-0.1%
Silwer
22.73
+0.1%
Palladium
1,862.18
+0.5%
Platinum
1,013.00
+0.7%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,140
+0.4%
Alle aandele
74,209
+0.3%
Hulpbronne 10
73,080
-0.2%
Industriële 25
91,534
+0.8%
Finansiële 15
15,617
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos