.

Swerm bye sak op kwekery toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kinders voer die diere by die hansdieretuin in Stodels.
Kinders voer die diere by die hansdieretuin in Stodels.

’n Kinderoppasser wat in Stellenberg werk, sê sy gaan nog lank onthou hoe bye die diere by Stodels in Bellville steek en hoe die diere verward probeer wegkom.

“Dit was soos iets uit ’n fliek uit,” sê Talian Scott van Kuilsrivier.

Sy het die kinders verlede Donderdag na die kwekery se speelgebied geneem en iets by die aangrensende restaurant geëet.

Toe hulle egter die diere in die nabye hansdieretuin wou voer, het hulle skielik ’n klomp bye gesien.

Soos die bye vermeerder het, het kwekerypersoneel en kelners hulle gou gemaan om daar weg te kom.

Die personeel het brandblussers en sproeiers gebruik om die bye te probeer verwilder. “(Dit het so erg geraak), hulle moes almal in die restaurant- en speelgebied vra om weg te kom,” sê Scott.

Aisha Arnold, takbestuurder by Bellville Stodels, sê die hele gedoente het omtrent net 10 minute geduur.

Twee hoenders gevrek

Die bye het hulself voor die insident in ’n boom op die erf langsaan die kwekery tuisgemaak. Die boom het egter ineengestort en die bye het die wêreld ingevlieg voordat hulle weer terug is om die koningin te beskerm, sê sy.

Enkele besoekers is gesteek en Arnold sê hulle het die volgende dag opgevolg met diegene wat hul besonderhede gegee het. Hulle was almal ongedeerd.

Charl Werth, die tak se diere-bestuurder, het dadelik ingespring om soveel diere moontlik te red, maar is in die proses herhaaldelik gesteek. Hy moes ’n tydjie van die werk afneem, maar het ook herstel. Twee hoenders het egter die dag gevrek.

Die kwekery se veearts, wat by die Blue Cross-dierehospitaal werk, het vir hulle leiding gegee, sê Arnold, en die betrokke aand het party personeel agtergebly om na die diere te kyk.

Daardie aand het ’n byekenner ook die bye kom verwyder.

“Die veearts het weer vroeg (die volgende oggend) die perseel besoek om te kyk of die diere enige verdere sorg nodig het. Die byeboer het teruggekom om te kyk of al die bye verwyder is en die area veilig is vir ons diere, personeel en besoekers,” sê Arnold.

Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.65
+0.4%
Rand - Euro
17.74
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,751.18
-0.4%
Silwer
21.22
-1.1%
Palladium
1,857.14
+0.0%
Platinum
979.66
-0.4%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos