.

Taakspan ondersoek die ontvoering van Oekraïniese vrou in Blackheath

akkreditasie
’n 35-jarige vrou is Donderdag 29 September omstreeks 10:05 in Ipswitchstraat, naby Saxdowneweg, Blackheath, ontvoer.
’n 35-jarige vrou is Donderdag 29 September omstreeks 10:05 in Ipswitchstraat, naby Saxdowneweg, Blackheath, ontvoer.
PHOTO: Twitter/@Abramjee

Die polisie se taakspan teen provinsiale georganiseerde misdaad en ontvoering is besig met ’n ondersoek na ’n voorval waarin ’n 35-jarige vrou Donderdag 29 September omstreeks 10:05 in Ipswitchstraat, naby Saxdowneweg, Blackheath, ontvoer is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Vrydag bevestig die ontvoerde vrou is Anichka Penev, ’n Oekraïense burger. 

Sy was ten tyde van die voorval alleen in haar voertuig.

Die ontvoering het voor die ingang van Nioro Plastics gebeur. 

’n Video van die voorval wat deur die onderneming se veiligheidskameras opgeneem is, is wyd op sosialemedia-platforms versprei. 

Daarin kan gesien word hoe die vrou se geel Audi R8 met ’n verpersoonlikte nommerplaat vanuit Saxdowneweg indraai in Ipswitchstraat.

Naby Nioro se ingang word die Audi tot stilstand gedwing deur ’n voertuig wat kort voor die Audi in Ipswitchstraat ingedraai en omgedraai het om die Audi kop-aan-kop voor te keer.

’n Tweede voertuig stop dan reg agter die Audi. Twee mans nader die bestuurderskant van die Audi waarna die vrou by die passasierskant uitklim, maar deur ’n derde man wat uit die agterste voertuig geklim het, gegryp word. 

Na ’n struweling word sy in die agterste voertuig ingedwing wat kort daarna in die rigting van Blue Downs wegry.

Die hele voorval duur net meer as twee minute. Enigeen met inligting kan die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 kontak.


Rand - Dollar
17.18
-0.5%
Rand - Pond
20.52
+1.0%
Rand - Euro
17.75
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.42
+1.1%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,741.66
-0.9%
Silwer
20.95
-2.4%
Palladium
1,843.00
-0.7%
Platinum
991.50
+0.8%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,994
+0.4%
Alle aandele
73,368
+0.3%
Hulpbronne 10
70,795
-0.9%
Industriële 25
88,376
+1.2%
Finansiële 15
16,389
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos