.

Taxi’s rede vir chaos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
otoriste in Kraaifontein wat Van Riebeeckweg in spitstye gebruik, is moedeloos en selfs bang oor die groeiende wetteloosheid van taxi-bestuurders op dié pad
otoriste in Kraaifontein wat Van Riebeeckweg in spitstye gebruik, is moedeloos en selfs bang oor die groeiende wetteloosheid van taxi-bestuurders op dié pad

Motoriste in Kraaifontein wat Van Riebeeckweg in spitstye gebruik, is moedeloos en selfs bang oor die groeiende wetteloosheid van taxi-bestuurders op dié pad.

Dié aggressiewe bestuurstyl op die hoek van Negendelaan het nou veroorsaak dat ander motoriste self die wet oortree omdat hulle nie meer vir die taxi-bestuurders se boeliegedrag wil terugstaan nie.

So sê die motoris Renda Kruger.

“Ons gebruik daagliks die pad, en wat besig is om nou te gebeur, is skokkend. Dis chaos en dit raak net erger. Een van die dae gaan daar nog ’n groot bakleiery tussen die taxi’s en ander motoriste uitbreek,” het sy verlede week aan TygerBurger gesê.

Volgens Kruger druk die taxibestuurders in spitstye ander motoriste van die pad af om oor die kruising te kom en hulle ry ook die hele tyd aan die ander kant van die pad teen aankomende verkeer in om verby die ander voertuie te kom. Boonop word rooi verkeersligte verontagsaam.

“Hulle weier om soos die res van die mense in die druk verkeer te wag om oor die kruising te kom.

“Ander gatvol motoriste begin nou dieselfde doen; druk verby taxi’s of ry voor taxi’s in wat probeer verbykom. Dis ’n hele gemorsspul, en iemand gaan nog eendag ’n wapen uitruk,” sê sy.

Kruger skakel byna daagliks die wetstoepassingseenheid of verkeersafdeling uit haar voertuig om vir hulp te pleit.

Sy het selfs al video’s van die taxibestuurders se wetteloosheid geneem en dit aan die wetstoepassingseenhede gestuur, maar steeds is geen hulp in sig nie.

“Ek het ook die wetstoepassingseenhede se kantoor in Brackenfell besoek om die probleem aan te meld, maar is meegedeel dat Kraaifontein nie in hul jurisdiksie is nie en dat ek Goodwood toe moet gaan. Dis asof niemand omgee nie,” sê Kruger.

“Al wat ek in reaksie op my telefoniese klagtes kry, is ’n string SMS’e wat my meedeel dat die probleem opgelos is, maar dit is bog! 

“Ek ry die pad elke dag in spitsverkeer en het nog nie een voertuig van wetstoepassing daar gesien nie. Ek sien hulle wel elke dag ure lank by Joostenbergvlakte se op- en afrit, maar nie hier nie.” 

TygerBurger het die Stad Kaapstad genader vir antwoorde oor die probleem, maar het teen druktyd nog geen kommentaar ontvang nie.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 95/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.12
+0.3%
Rand - Euro
17.96
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,768.40
+0.0%
Silwer
22.27
-0.5%
Palladium
1,839.50
+3.1%
Platinum
949.50
+1.0%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,614
+0.1%
Alle aandele
71,101
+0.1%
Hulpbronne 10
67,228
-0.5%
Industriële 25
93,915
+0.3%
Finansiële 15
13,994
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos