.
Deel

Verslae het gewys dat kleine Faith water op haar brein het, maar later was alles weg

akkreditasie
Faith Joy Shiloh Hill
Faith Joy Shiloh Hill

Op Saterdag 4 Februarie wou Leigh-Anne Hill, ’n skrywer van Goodwood, nog ’n ooievaarstee hou, maar sy is skielik op 30 Januarie in die hospitaal opgeneem.

Op Vrydag 3 Februarie – op 30 weke en 5 dae – is Hill se dogtertjie, Faith Joy Shiloh Hill, voortydig gebore deur middel van ’n noodkeisersnee.

Hill vertel van haar moeilike, hoërisiko-swangerskap en dat sy glo God is goed. Sy het plasentale abrupsie ondervind en moes noodgedwonge lewe skenk.

Kort ná die geboorte het Hill se dogter vir nege minute en 40 sekondes suurstof verloor. Hulle moes haar bybring.

”Hulle het gedink sy gaan downsindroom hê,” sê Hill.

Daar was ook sprake van preëklampsie, volgens Hill, en verslae het gewys dat haar dogtertjie water op haar brein het, maar met die laaste skandering was al daardie goed weg.

“Ons sal net in die toekoms dinge dophou, maar ons glo sy is volmaak en gesond,” vertel die skrywer.

Klein Faith in 'n broeikas.

Hoewel Hill ontslaan is, was haar dogtertjie nog in ’n hoësorgeenheid in ’n broeikas.

Klein Faith is Vrydag 24 Februarie uit Tygerberg-hospitaal ontslaan en is ’n week gelede van suurstof afgehaal.

“Sy moet net gewig optel. Sy weeg nou 1,62 kg,” vertel Hill.

Sy het baie koue handjies, maar ons hou haar dop.

“Die ervaring was baie traumaties,” vertel Hill.

“Daar was so baie komplikasies. Ons kinders gaan vir ons nog baie vreugde bring,” sê Hill.

Albei sterk tuis aan.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos