.

Vroue deur ‘kopers’ aangerand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie (military.com)
Foto ter illustrasie (military.com)

Twee vroue wat op Facebook Marketplace sake doen, is onlangs deur ’n groep mans aangerand en beroof toe hulle ’n fiets by ’n “koper” in Philippi gaan aflewer het.

Die vroue, al twee van Brackenfell, koop ou fietse, maak dit reg en verkoop dit dan weer.

Liesel Oosthuizen het verlede week haar nagmerrie-ondervinding op Dinsdag 28 September met TygerBurger gedeel.

“ ’n Man wat homself voorgedoen het as ’n koper op Facebook het ’n baie goeie prys aangebied vir ’n fiets en selfs gesê hy gee ons R350 meer as ons die fiets by sy fietswinkel in Philippi sou aflewer,” vertel sy.

“Die man was baie vasberade dat ons die fiets die dag aflewer, het die ligging van die winkel vir ons gestuur en gereeld gebel om te hoor waar ons was. Toe ons daar kom, was daar geen winkel nie, net huise, maar die man het gebel en gesê hy stuur sy seun om ons by ons motor te kom ontmoet. Dié seun, ongeveer 18 jaar oud, het by ’n huis uitgekom en gewys waar ons moet stop, en dat ons by die huis moet inkom. Teen dié tyd het ek snuf in die neus gekry en besluit om nie uit die motor uit te klim nie.

“Net toe ek wou wegry, het hy reeds sy hand op die motor se sleutels gehad, en die volgende oomblik was daar ses mans om ons. Ek het sy arm begin byt sodat ek die motor in rat kon kry om te ry, maar toe breek die sleutel af.”

Die mans het die vensters uitgeslaan en die deure van die voertuig oopgeruk.

“Hulle het ons uit die kar geruk en vir alles gevra – selfone, beursies, brille, handsakke en kontant. Hulle het selfs ons tekkies van ons voete afgesteel. In die struweling het die een man my met ’n baksteen oor die kop geslaan.”

Minute later, wat vir Oosthuizen en haar vriendin soos ure gevoel het, het die mans uiteindelik met hul buit weggehardloop.

Met Oosthuizen op die grond – deurmekaar en bebloed – het nog ’n groep mans nader gehardloop om te kyk wat oor is in die motor om te steel.

“As die sleutel nie afgebreek het nie, sou hulle seker die motor ook gevat het,” sê sy.

Lede van die gemeenskap het die vroue te hulp gesnel en die motor met die hulp van ’n tang weer aan die gang gekry.

“In dié stadium het my kopwond, wat tot teen die been in my gesig was, vreeslik gebloei en ek was baie deurmekaar. Maar ons kon in die motor kom en wegry tot in Kuilsrivier by ’n ander vriendin se huis.”

Vandaar is sy deurgejaag na Cape Gate Mediclinic van waar ’n ambulans haar Kaapstad toe geneem het vir ’n plastiese chirurg om die skade aan haar gesig te herstel.

Tydens traumaberading verlede week het Oosthuizen te hore gekom van nog twee soortgelyke gevalle. Dieselfde het glo gebeur met ’n man wat sy gholfstokke op Facebook geadverteer het op dieselfde plek in Philippi. So ook ’n ander man wat pasteie aflewer.

“Ons is redelik seker dat ’n sindikaat uit Philippi toeslaan op niksvermoedendes wat op FB Marketplace koop en verkoop,” sê Oosthuizen met die doel om die publiek te waarsku.

’n Saak is by Philippi-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.1%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,800.32
+0.2%
Silwer
24.05
0.0%
Palladium
1,979.22
+0.7%
Platinum
1,017.00
+0.3%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos