.

Winkel vierde keer beroof

akkreditasie
DUO MOET BOET: Twee broers is gevonnis vir roof.
DUO MOET BOET: Twee broers is gevonnis vir roof.
Foto ter illustrasie

Die superette by Millenium Mall op die hoek van Frans Conradierylaan en H.O. de Villiersstraat is verlede week die vierde keer in sowat twee jaar beroof.

Die roof het verlede Woensdagaand (17 November) om 21:25 plaasgevind.

Volgens kapt. Erica Crous, ’n polisiewoordvoerder, het vyf gewapende rowers die perseel betree onder die dekmantel dat hulle klante is.

Drie werknemers en drie lede van die publiek was in die winkel ten tye van die rooftog.

“Die rowers het almal beveel om op die vloer tel lê terwyl hulle al twee kasregisters en die kluis leeggemaak het. Almal se selfone en geld is afgevat voordat die rowers op die vlug geslaan het,” sê Crous.

Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die voorval beseer nie.

Die saak word nog deur die polisie ondersoek.

Kol. Jakobus Marthinus, stasiebevelvoerder by die Brackenfell-polisie, herinner winkeleienaars daaraan om nie groot bedrae geld op die perseel aan te hou nie.

Hy versoek ook alle kleinsakemanne om veral nou met die aanvang van die feestyd versigtiger te wees.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 28/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.92
+0.1%
Rand - Pond
21.12
+0.3%
Rand - Euro
18.01
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.24
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,771.74
+0.2%
Silwer
22.31
-0.3%
Palladium
1,814.94
+1.7%
Platinum
942.50
+0.2%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,668
+0.2%
Alle aandele
71,154
+0.2%
Hulpbronne 10
67,420
-0.2%
Industriële 25
93,845
+0.2%
Finansiële 15
14,012
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos