.

Pionier van rugby begrawe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dougie Dyers (regs voor) met twee van die laaste Proteas-kapteins John (Jaap) Bekkers van Glenhaven en Jack Juries van Groot-Brakrivier. Agter staan Hennie Shields van die Strand en Charles Williams van Kuilsrivier, die senters van die Proteas, wat deur Dyers afgerig is.
Dougie Dyers (regs voor) met twee van die laaste Proteas-kapteins John (Jaap) Bekkers van Glenhaven en Jack Juries van Groot-Brakrivier. Agter staan Hennie Shields van die Strand en Charles Williams van Kuilsrivier, die senters van die Proteas, wat deur Dyers afgerig is.

’n Pionier in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby, ’n vriend en mentor, ’n afrigter en administrateur, maar hoofsaaklik ’n kampvegter vir dieselfde regte vir bruin en swart spelers in SA rugby se strukture as wit spelers.

Dis hoe Charles Williams van Kuilsrivier, wat 48 jaar met Dougie Dyers van Belhar bevriend was, hom beskryf. Almal is vertroud met Dyers se rugbyprestasies, maar hy het baie by hom geleer oor sy Christenskap.

“Hy was ’n mense-mens as jy hom rêrig geken het, en as julle ’n vertrouensverhouding opgebou het, het hy jou met alles vertrou. Hy het ook groot geloof in mense geopenbaar. Min mense weet hoe teer en opreg hy was om ander te help en dat hy ’n sterk gesinsman en opreg met vriende was,” sê Williams.

Dyers was aan die voorpunt van eerstes met die inskakeling van die SA Rugbyfederasie by die SA Rugbyraad van Dok Danie Craven. Hy het basies sy lewe afgelê om bruin en swart rugbyspelers in die apartheidsjare hul regmatige plek onder moeilike omstandighede te laat inneem.

Sy visie was dat bruin en swart kinders ook deel moet wees van Cravenweke, waarvan hulle destyds uitgesluit was.

In samewerking met wyle Norman Langley van Hopefield en Abie Williams van Pinelands is die Junior Federasieweke geskep om jong spelers ook kans te gee om vir die week afrigting van spelers soos Morne du Plessis en Bryan Williams van Nieu-Seeland te ontvang.

Die Federasieweke, eers by SAKK in Eersterivier en daarna by die vlootbasis in Saldanha, was om spelers te ontwikkel.

In 1980 het Dyers en Dok hul kop uitgesteek om gemengde rugby te bevorder en is die eerste Federasie-Cravenweekspan gekies vir die Cravenweek op Stellenbosch.

Unies van die noorde het hul spanne aan die Cravenweek onttrek, want hulle wou nie teen die bruin spelers speel nie. Boonop was die Federasiespan in Wilgenhof, Dok se koshuis, nog ’n taboe. In 1981 is die eerste gemengde Cravenweekspan gekies toe Basil Bey en wyle Paul Dobson spelers van Biskoppe beskikbaar gestel het.

In 1971 was Dyers die kaptein van die eerste bruin span om in Engeland en Nederland te gaan toer en in 1972 het Dyers die Proteas gelei teen die besoekende Engelse span, asook in 1974 teen die Britse Leeus. Hierna het Dyers sy stewels opgehang toe hy aangestel is as die afrigter van die Proteas.

In 1990, onder sy leiding, het die Liga nog die Sport Pienaarbeker onder die kapteinskap van Wilfred Cupido en Johnny Joubert gewen en Dyers is vir WP se keurkomitee gekies, terwyl Williams die breier van die Liga geword het.

“Dyers was ’n groot vertroueling van Dok en saam het hulle besluit om weg te doen met apartheid in rugby. Sy uitstaande kenmerk was dat hy geglo het in sy gemeenskap, die ontwikkeling van bruin en swart spelers en dat elke rugbyspeler in die land gelyke kanse en dieselfde regte moet kry.

“Saam met Dok het hulle probeer om geleenthede vir swart en bruin spelers te skep en hoewel hy teenkanting uit eie geledere gekry het, het hy nie van sy visie afgewyk nie,” sê Williams.

Dyers word Saterdag 21 Januarie om 09:00 uit die St. Nicholas-kerk in Haltweg in Elsiesrivier begrawe.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 81/2
besig om te laai... Regstreeks
Mpumalanga 0
South Western Districts 0
besig om te laai... Regstreeks
KwaZulu-Natal Inland 0
Border 0
Rand - Dollar
17.71
+0.3%
Rand - Pond
21.43
+0.0%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
978.08
-0.9%
Palladium
1,660.73
+0.5%
Goud
1,881.00
+0.3%
Silwer
22.42
+0.5%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos