.

Addo-park groet ’n groot man ná 39 jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gibson Thambo (links voor) tydens ’n sessie waar ’n leeu verdoof is om ’n opsporingsband om sy nek te sit.
Gibson Thambo (links voor) tydens ’n sessie waar ’n leeu verdoof is om ’n opsporingsband om sy nek te sit.
Foto: Verskaf

’n Passie vir sy werk en ’n liefde vir die natuur het Gibson Mthambo 39 jaar lank, waarvan die meeste as veldwagter, net sy beste laat gee by die Addo-olifant Nasionale Park.

Met sy aftrede verlede week het Gibson nog kort voor sy afskeidsfunksie aan jong mense, wat veldwagters wil word, dié raad gegee: “Julle moet nie lui wees nie, julle moet nie lieg nie, julle moet lief wees vir die veld en die diere. As jy nie hou van diere nie, sal jy nie regkom as ‘n veldwagter nie.”

Nic de Goede, parkhoof van die Addo-olifant Nasionale Park, het Gibson geloof vir sy kennis wat hy deur die jare so vryelik met almal gedeel het.

“Gibson is in die park gebore. Hy het hier grootgeword en hier begin werk. Dit is jammer om vir só iemand totsiens te sê. Dit is ’n groot slag vir die park. Gibson het jare se kennis opgebou. As jy wou weet het wat het waar gebeur en in watter gedeelte van die park, kon jy enige tyd vir Gibson vra.

“Baie van die jonger veldwagters het onder Gibson begin werk. Hulle het geleer by een van die bestes.”

Gibson gaan sy dae as afgetredene by familie op Paterson slyt. “Maar as hulle my roep om te kom help soos met wild vang, sal ek kom.”

Nic, baie dankbaar omdat Gibson ’n “oproep” ver sal wees, het ook klem gelê op die waarde van integri-teit by ‘n veldwagter.

“Ons leef in hongersnoodtye. Alles word duurder en die lewenskostes raak só hoog dat oorlewing moeilik raak.

“Ongelukkig weet die stropers dit ook en dit is hoe hulle veldwagters in hul sakke probeer kry. Dit is maklik om na ’n veldwagter te kom en sê: ‘Sê net vir my iets, dan gee ek jou R30 000 of ek sal vir jou ’n kar koop of ek sal jou skuld by die winkel gaan betaal’.

“Dis hoekom ek sê, om iemand te kry soos Gibson wat oor die jare so passievol oor bewaring was en sy integriteit gehou het, is ongelooflik.”

Nic verduidelik integriteit is ‘n belangrike karaktertrek vir die veldwagter wat met die stroper te doen kry, want benewens die moontlikheid van ‘n gewapende aanval, is daar ook ‘n aanval op integriteit wanneer omkoopgeld vir inligting aangebied word.

“Ek dink nie mense besef aldag die hoeveelheid stres waardeur veldwagters, wat soos Gibson passievol is oor bewaring, moet gaan nie,” het Nic bygevoeg.

Tussen al die gesprekke deur het Nondomiso Brudini, klaar met haar versieringswerk in die saal waar Gibson Thambo se afskeidsfunksie gehou is, tevrede gekyk na die stoel wat deftig in wit en goud oorgetrek is.

“Dit is ’n koningstoel!” het sy laggend verduidelik. “Hy moet daar sit, want hy was ons almal se liefling. Hy is ons Tata, onse pa. Ek sê altyd vir die jongeres hulle moet kyk na onse pa want hy het ons mooi maniere geleer en ook gewys hoe om met ander mense te werk.”

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos