.

Dié Polo GTI kon maar ’n rol in ‘Top Gun’ kry!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Volkswagen se nuwe Polo GTI by die Vallei van Verlatenheid, met een van die skouspelagtigste uitsigte in Suid-Afrika. Dié vallei is in 1939 as ‘n natuurmonument met besondere geologiese betekenis verklaar.                                            foto: HEILIE COMBRINCK
Volkswagen se nuwe Polo GTI by die Vallei van Verlatenheid, met een van die skouspelagtigste uitsigte in Suid-Afrika. Dié vallei is in 1939 as ‘n natuurmonument met besondere geologiese betekenis verklaar. foto: HEILIE COMBRINCK

Miskien moes die vervaardigers van die aksiebelaaide nuwe Top Gun: Maverick, dele van dié fliek eerder in die Karoo kom skiet het!

Dan kon hulle as deel van die fliek se spoed- en kragvrate soos die supersoniese F18 Super Hornet vegvliegtuig, die galante ou P-51 Mustang, die blitsvinnige Kawasaki Ninja H2 Carbon motorfiets, sommer ook Volkswagen se Kariega-vervaardigde nuwe kragbuks, die VW Polo GTI ingespan het.

Veral een van die Polo-kragbukse in die King’s Red metaalkleur. Want dié rooi weerspieël die sensasie van die turbo-aangejaagde viersilinder. Ook die tikkie rooi wat selektief en elegant in die binneruim pronk, dui aan hierdie is ‘n allemintige vat-nie-nonsens-nie ryding.

Die Volkswagen Polo GTI 2.0 TSI DSG se tikkie parmantige rooi pronk selektief en elegant in die binneruim. Foto: VWSA/QUICKPIC

Rooi blits deur ’n oerlandskap

Agter die stuur van dié 2.0 TSI met sy 6-spoed DSG dubbelkoppelaarratkas, voel die reguit, lang pad deur ‘n uitgestrekte oerlandskap na Graaff Reinet kompleet soos ‘n aanloopbaan.

Veral wanneer die 147kW enjin met ‘n wringkrag van 320Nm onder daar-die beneukte Polo-enjinkap begin grom van genot. Dan sien ek in my geestesoog tonele uit die fliek. En ek hoor die befaamde aanhaling van die hoofkarakter gespeel deur Tom Cruise: “I feel the need ... the need for speed.”

Vallei van Verlatenheid

Anderkant Graaff-Reinet, met die kronkel-bergpas op na Die Vallei van Verlatenheid, ‘n wêreld geologiese wonder, ry die Polo GTI met absolute padklouvermoë en gemak teen die steiltes uit. Dit is presies daar waar ‘n mens die P-51 Mustang teen skemer sou wou sien in ‘n verbyvlug met die uitgestrekte Karoo as toneel in die agtergrond.

Die nuwe VW Polo GTI spog met ‘n hele paar visuele opknappings sowel as nuwe ligte, bekleedsels, intelligente stelsels en van die nuutste tegnologie met die Discover Media infovermaak se klank- en skermsisteme.

Inderdaad laat dié VW Polo GTI ‘n mens saam met Kenny Loggins se Danger Zone sing: “... revvin’ up your engine ... listen to her howlin’ roar. Metal under tension ... beggin’ you to touch and go!

Nog ’n paar spesifikasies:

  • Standaardprys R489 400
  • 0 – 100km/h in 6.7 sekondes
  • Topspoed: 238 km/h
  • Gekombineerde brandstofverbruik 6.4 liter/100km
  • 18-duim Faro allooiwiele
  • Parkeergerief (sleutellose oopsluit, parkeerbystand en tru-kamera
Anderkant Graaff-Reinet op pad na Die Vallei van Verlatenheid, ‘n wêreld geologiese wonder, ry die Polo GTI met absolute padklouvermoë en gemak teen die pas uit. Dit is hier waar ‘n mens die Top Gun P-51 Mustang teen skemer sou wou sien in ‘n verbyvlug met die uitgestrekte Karoo as toneel in die agtergrond. Foto: HEILIE COMBRINCK

besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos