.

Dié tuisversorgers wil verswaktes help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hier is die groep tuisversorgers wat nou gereed is om in die gemeenskap verswaktes te versorg. Voor van links is Natasha Sederus, Stephné Jantjies, Lorraine Saw, Maryna Scheepers en Nikita Davis. Agter van links is suster Caroline Fletcher, Cheryl de Boer, Ruwelda Martins, Clara Malgas, Abigail Goliath, Lizzie Isaacs en suster Elize du Toit.              Foto:MARO SWANEPOEL
Hier is die groep tuisversorgers wat nou gereed is om in die gemeenskap verswaktes te versorg. Voor van links is Natasha Sederus, Stephné Jantjies, Lorraine Saw, Maryna Scheepers en Nikita Davis. Agter van links is suster Caroline Fletcher, Cheryl de Boer, Ruwelda Martins, Clara Malgas, Abigail Goliath, Lizzie Isaacs en suster Elize du Toit. Foto:MARO SWANEPOEL

TUISVERSORGERS wat verswaktes of bejaardes in hul eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien, word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by ACVV Aandmymering tehuis vir ouer persone.

Suster Caroline Vivienne Fletcher is in beheer van die opleiding en word bygestaan deur suster Elize du Toit. ’n Groep tuisversorgers het verlede Donderdaghul sertifikate ontvang na die suksesvolle voltooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.

Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand. Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging.

Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.

Die versorgers wat hulle kursusse suksesvol voltooi het en prakties by ACVV Aandmymering gedoen het, word uitgeplaas vir tuisversorging en werk ook as saalhulpe.

  • Mense wat belangstel om in te skryf vir die kursus of meer wil uitvind oor tuisversorgers kan suster Caroline Fletcher bel by 041 992 1510.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
+0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.77
+0.2%
Silwer
24.08
+0.1%
Palladium
1,980.50
+0.7%
Platinum
1,017.50
+0.6%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos