.

Daniel Pienaar se boogskuts vaar uitstekend by SA kampioenskappe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié DP boogskuts is in die OP-span ingesluit wat aan die SA boogskietkampioenskappe deelgeneem het. Van links is Jade Green, Leon Bekker, Ruan Barnard en Deacon Green.
Dié DP boogskuts is in die OP-span ingesluit wat aan die SA boogskietkampioenskappe deelgeneem het. Van links is Jade Green, Leon Bekker, Ruan Barnard en Deacon Green.
Foto: Verskaf

Vier van HTS Daniel Pienaar se boogskuts is in OP-spanne opgeneem wat aan die SA kampioenskappe in die Paarl deelgeneem het.

Volgens Pierre Bakkes van HTS Daniel Pienaar, is die skool trots op die skuts se uitstekende prestasies en is dit heel moontlik die beste uitslae nog wat DP-skuts by ‘n SA-kampioenskappe behaal het.

Die DP-skuts het die eerste dag aan die interprovinsiale kampioenskappe (2D) in hul OP-kleure deelgeneem en die daaropvolgende twee dae aan die 2D en 3D kampioenskappe in hul DP-kleure.

Vir drie van die vier skuts was dit hul eerste deelname aan ‘n Suid-Afrikaanse kampioenskap en al drie dié nuwe OP-skuts het hul persoonlike beste tellings verbeter. Leon Bekker (graad 10) verbeter sy telling tot 278 (2D) en Deacan Green (graad 8) verbeter sy telling tot 284. Ruan Barnard (graad 11) verbeter sy telling tot 282 en hy word slegs die 17de skut wat ‘n 280 kon skiet sedert 2015.

In hul DP-kleure het Deacan Green, Leon Bekker en Ruan Barnard al drie hul persoonlike beste tellings in 3D verbeter.

Op dag drie van die kampioenskappe het Deacan Green sy persoonlike beste telling in 2D ‘n tweede keer verbeter tot 285 en wen uiteindelik ‘n brons-medalje vir graad 8.

Deacan Green, ‘n DP- sowel as OP-boogskut, het by die SA-boogskietkampioenskappe sy persoonlike beste telling in 2D tot 285 verbeter en ‘n brons-medalje ontvang.

besig om te laai... Regstreeks
Australia 164/3
West Indies 0
besig om te laai... Regstreeks
Nepal 17/2
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Easterns 26/2
South Western Districts 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Northern Cape 0
KwaZulu-Natal Inland 0
Rand - Dollar
17.16
-0.0%
Rand - Pond
20.92
+0.1%
Rand - Euro
18.05
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,785.56
-0.0%
Silwer
22.75
+0.2%
Palladium
1,865.62
+0.7%
Platinum
1,013.00
+0.7%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,029
+0.2%
Alle aandele
74,082
+0.1%
Hulpbronne 10
72,518
-0.9%
Industriële 25
91,769
+1.1%
Finansiële 15
15,582
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos