.

HTS Daniel Pienaar enigste skool in land met motorsport

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
HTS Daniel Pienaar se twee veldwedrendrywers DeVilliers Wessels (links) wat met DP se 1.4 VW Citi Golf in die S1-klas deelneem en Clint Koekemoer (regs) wat in DP se VW Polo TSI in die S5-klas jaag.
HTS Daniel Pienaar se twee veldwedrendrywers DeVilliers Wessels (links) wat met DP se 1.4 VW Citi Golf in die S1-klas deelneem en Clint Koekemoer (regs) wat in DP se VW Polo TSI in die S5-klas jaag.
Foto: Verskaf

HTS Daniel Pienaar, die enigste Suid-Afrikaanse skool met motorsport as ‘n amptelike buitemuurse aktiwiteit, bied die naweek die eerste Daniel Pienaar Rally in samewerking met Algoa Rally Club aan. Daar gaan selfs twee trajekte op die skoolgrond gehou word.

Francois Vermaak, onderwyser, het die trajekte by sy skool georganiseer. Hy gaan self ook agter die stuurwiel van ’n onderwyserspan-veldwedrenkar inklim met sy kollega Paul Ludeke as navigator.

“Dit is die eerste keer sedert 2016 dat die trajek weer op DP se skoolgronde gery gaan word. Uit die klub is daar net drie lede wat al hierdie trajek gery het. Vir die res gaan dit ’n heel nuwe uitdaging wees,” sê Vermaak.

“Eddie Banks gaan met sy kragtige agterwielaangedrewe BMW vir groot sports sorg. Hy is ’n gewilde crowd pleaser.”

Vermaak sê as tegniese skool is leerlinge en onderwysers se vaar-dighede ook ingespan om 34 unieke trofeë vir die onderskeie kategorie-wenners te maak.

“Motorsport by die skool bied nie net die twee drywers opleidingsge-leenthede nie. Die ondersteuningspan is verantwoordelik vir die herstel en instandhouding van die rallykarre en hulle word aan alle fasette van die sport blootgestel. Die kanse is altyd daar dat van die leerlinge dit hul beroepsveld kan maak.”

In die Algoa Rally Club is daar heelwat oud-skoliere soos Ashley Bezuidenhout, wat die navigator is van Nick Davidson, een van die klub se top drywers. Van die oud-leerlinge het by groot wedrenne in die Kaap as tydbeamptes gaan werk en betaling ontvang. Oud-skolier Chassen Bright werk tans in Duitsland by Huyndai Motorsport.

“Dan is daar ons eerste meisie wat in 2018 agter die stuur van een van ons rallykarre ingeklim het, Britney du Piesanie. Sy is weens haar liefde vir motors ’n werk by Mercedes Benz aangebied en het nou al gekwalifiseer as ’n petrolmotorwerktuigkundige en onlangs as ’n dieselmotorwerktuigkundige.”

Vir die 2022 motorsport-seisoen is DeVilliers Wessels, ’n graad 11 leerling, agter die stuur van DP se 1.4 VW Citi Golf (S1-klas). Hoewel hy nog nie ’n leerlingbestuurderslisensie het nie, het Motorsport Suid-Afrika hom spesiale toestemming gegee om op die bane te ry. Wanneer dit by openbare paaie kom, moet sy navigator, onderwyser en hoof van DP Motorsport, Martin Kleingeld, agter die stuur inspring.

Die ander graad 11 leerling is Clint Koekemoer. Hy het ’n leerlinglisensie en is agter die stuur van die 1.2 TSI VW Polo (S5-klas) met onderwyser Francois Anker as navigator.

“Ons kinders bestuur nie net die karre nie, hulle doen ook al die meganika. Die onderhoud en voorbereiding en as daar iets fout kom, moet hulle self regmaak. Ons staan by en gee raad, maar hulle moet die werk doen onder die wakende oog van Martin Kleingeld (senior) wat altyd uithelp.

“Dit leer hulle om onder druk te werk, om effektief te kommunikeer en saam te werk ongeag verskille. Hulle weet dit is hulle verantwoordelikheid om die drywer en navigator veilig in die kar te hou.”

Alhoewel Daniel Pienaar Motorsport net veldwedrenne behels, het Vermaak in samewerking met Motorsport Suid-Afrika planne vir moontlike ander wiele wat in die toekoms gaan draai om die leerlinge meer blootstelling in motorsport te bied.

Vermaak sê veldwedrenne is ’n interessante sport en die belangrikste is “om eerste te kom, moet jy eers klaar maak. Enigiets kan tydens ‘n wedren gebeur.”

HTS Daniel Pienaar motorsport-leerders, seuns sowel as meisies, is verantwoordelik vir die onderhoud van die veldwedrenkarre.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos