.

Drostdy werkplek-aansoeke van gestremdes ingewag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Drostdy Werkplek maak grootliks staat op die verkoop van handwerk en hul gebak om hul fondse te sterk. Daarom het hulle hierdie week ook ‘n stalletjie by die jaarlikse Kersmark by NGK Uitenhage-Noord se kerksaal. Die publiek word uitgenooi om hulle te ondersteun. Hier wys Mia Smit, bestuurder van Drostdy van die items wat in die werksplek gemaak word.
Drostdy Werkplek maak grootliks staat op die verkoop van handwerk en hul gebak om hul fondse te sterk. Daarom het hulle hierdie week ook ‘n stalletjie by die jaarlikse Kersmark by NGK Uitenhage-Noord se kerksaal. Die publiek word uitgenooi om hulle te ondersteun. Hier wys Mia Smit, bestuurder van Drostdy van die items wat in die werksplek gemaak word.
Foto’s:HEILIE COMBRINCK

Drostdy Beskermde Werkplek se aktiwiteite is die afgelope jaar weens die pandemie gekniehalter, maar daar is nuwe ywer en opwindende planne vir volgende jaar se program vir dié Kariega-sentrum vir verstandelik gestremdes.

Aansoeke vir nuwe begunstigdes kan tot 15 Desember ingedien word.

“Die begunstigdes na wie ons verwys, is verstandelik- en fisiek-gestremde volwassenes wie se gestremdhede van so aard is dat hul wel aktief deel kan wees van ons programme. Dit sluit in weefwerk, kralekuns, hekel, brei, naaldwerk, houtwerk en bakkersdiens in ons gewilde bakkery,” sê Mia Smit, bestuurder van Drostdy Beskermde Werkplek.

“Vir begunstigdes wat vanjaar in hul finale jaar by spesiale skole is en wie se ouers onseker is waarheen hulle volgende jaar moet gaan, kan daar nou reeds aansoek by Drostdy gedoen word om hulle hier in te neem.

“Maak ‘n afspraak, bring die begunstigde vir assesserings sodat ons hulle vaardighede en belangstellings kan vasstel. Met die administratiewe prosesse reeds in Desember agter die rug, kan hulle volgende jaar op 19 Januarie hier inval en dadelik met die programme begin.

“Ons moedig ook ons bestaande begunstigdes aan om hulle vervoer vir volgende jaar nou reeds te reël sodat hulle nie uitmis op Drostdy se bedrywighede wanneer ons in Januarie afskop met ons werk nie.”

Vervoer vanaf Despatch

‘n Bonus vir verstandelik gestremdes op Despatch wat geregistreer is by Drostdy, is dat daar nou ‘n ekstra bussie is wat hulle tussen Despatch en die Drostdy vervoer.

Drostdy Werkplek se geriewe is rolstoelvriendelik en aangepas vir persone met gestremdhede.

“’n Vriendelike versoek aan die publiek om asseblief nie op die twee parkerings voor ons gebou, wat uitgemerk is as parkerings vir ge-stremdes, stil te hou nie,” sê Smit.

Drostdy bedank Woga Sekuriteit wat uit hul pad gaan om die perseel te beveilig en na die sekuriteit om te sien nadat vandale vroeëer tydens die pandemie duisende rande se skade aangerig het.

  • Vir meer inligting bel Mia Smit by 072 457 1181.
Drostdy Werkplek op Kariega is bekend vir hulle verskeidenheid outydse kleinkoekies vir Kerstyd.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 35/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.88
+0.3%
Rand - Pond
21.07
+0.5%
Rand - Euro
17.96
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,773.16
+0.3%
Silwer
22.34
-0.2%
Palladium
1,842.00
+3.2%
Platinum
943.50
+0.3%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,702
+0.2%
Alle aandele
71,188
+0.2%
Hulpbronne 10
67,379
-0.3%
Industriële 25
94,004
+0.4%
Finansiële 15
14,009
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos