
Die Business Drive is ‘n inisiatief van die Pay it Forward Gemeenskapfees, wat plaaslike sakelui die geleentheid bied om te netwerk sowel as om hoor wat gedoen kan word om hul uitdagings die hoof te bied en sake te laat groei.
Die gasspreker by die geleentheid is motiveringspreker Lynette Beer.
Sy gaan haar besigheidsmodel wat haar omset in drie jaar van R25 miljoen na R74 miljoen gegroei het deel.
Die Business Drive word op Woensdag, 29 Maart om 18:30 by Barklystraat Teater gehou. Bywoning sluit ‘n ete sowel as ‘n verskeidenheid ander voordele in.
Daar is beperkte sitplekke beskikbaar.
Twee kaartjies word weggegee en om daarvoor in aanmerking te kom, stuur jou naam, van, besigheidsnaam na Heather by 078 894 9365.
- Vir meer inligting kontak Lizé Saunders van Pay it Forward by 082 788 1201.
UITGEREIK: PAY IT FORWARD