.

Kirkwood Wildsfees: ‘Heeltyd Speeltyd’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

“Goeie feesbestuur en ‘n onverwoesbare vertroue in die sukses van die Wildsfees het verseker dat hierdie liefling Oos-Kaapse fees post COVID-inperkinge kon oorleef.” Só sê Jenni Honsbein, feesdirekteur van die SPAR Kirkwood Wildsfees wat van 24 tot 26 Junie vir die 20ste jaar aangebied word.

Dié fees is só ‘n sterk dat selfs nie die pandemie se twee streng grendeltydperke dit kon onderkry nie. Jenni het vyf vrae oor dié merkwaardige fees aangepak:

1. Jenni Honsbein, twee jaar lank moes die feeshekke gesluit bly en hier is julle terug in volle swang tot groot vreugde van duisende Oos-Kapenaars. Wat maak hierdie fees so uniek, en hoekom is dit so gewild?

Die Wildsfees is gemeenskapsbesit en word deur die gemeenskap ondersteun. Dit is die fees se belangrikste krag. Die tweede is al die pret binne ‘n feesatmosfeer èn die veiligheidsmaatreëls wat besoekers toelaat om van hul daaglikse sorge te vergeet.

2. Wat sou jy sê is die belangrikste knoop wat vir hierdie jaar se SPAR Kirkwood Wildsfees deurgehaak is?

Ons het in die verlede saam Wild geraak, gekuier en nou in 2022, na so n lang onderbreking, verseker ons dat dit nog heeltyd speeltyd is. En toevallig is dit ook een van ons kunstenaars, Desmond Wells, se treffers. Daar is al in 2020 op die Heeltyd Speeltyd-tema besluit en ons het besluit die partytjie gaan aan.

3. Daar gaan 24 nasionaal gewilde kunstenaars tydens die fees optree. Dit is omtrent prestasie te midde van begrotingstekorte in die pandemie - hoe het julle dit reggekry?

Die gees van welwillendheid het geseëvier. Ons bespreek altyd ons kunstenaars einde-Augustus vir die volgende jaar. Na 2019 se super-suksesvolle Wildsfees het ons die kunstenaars vir 2020 bespreek en selfs ‘n 50% deposito betaal.

Toe COVID-19 en die grendeltydperk toeslaan, het die Wildsfees-direkteure besluit dit is uiters belangrik om elkeen finansieël te beskerm. Ons het aan die kunstenaars gesê dat ons nie ons deposito’s sal terugvra nie as hulle hul ondertekende kontrakte sal nakom wanneer die Wildsfees weer aangebied word. Al die kunstenaars wat beskikbaar was, het ingestem en drie jaar later is hulle hier. Behalwe Theuns Jordaan.

Nog ‘n belangrike aspek is dat die raad besluit het dat geen stalletjiehouer ‘n sent op hul besprekingsfooie vir 2020 se Wildsfees sal verloor nie. Die keuse is aan hulle gegee om óf hul geld terug te kry óf om hul betaling te laat oorstaan tot die volgende Wildsfees. Die sterkste mosie van vertroue in die Wildsfees se sukses was toe byna meer as ‘n derde van hulle hul geld in die Wildsfeeskoffers laat bly het. En dit vir langer as twee jaar!

Ons loof ook die lojale en vasberade feespersoneel wat na twee jaar se pandemie-gedwonge “werkloosheid” weer die leisels opgetel en laat waai het.

4. Die wildsfees se fokus is veral op gesinsvermaak – maar is daar genoeg aktiwiteite om pa èn die kinders besig te hou?

Ja, baie “outydse” pret is ingebring sodat oud en jonk die Wildsfees saam met ons in ‘n veilige en ontspanne atmosfeer kan vier. By die Kinderkarnivaal kan die kinders outydse kermisspeletjies speel, terwyl ma en pa lekker eenkant kan sit en hulle dophou. Daar is nou vyf randverhoë waar daagliks vermaak aangebied word. Elke area het ’n volle uitsig oor die hoofverhoogprogram wat saans aangebied word.

Verder het die ATKV het twee wonderlike vertonings na die Wildsfees gebring – een vir grootmense en een vir jongmense. Die ATKV-jeugtak KHS gaan ook kort kulturele aanbiedings op die planke bring.

5. Die snuffelmark met al die verskillende produkte wat te koop aangebied word, bly ‘n hoogptepunt. Kan besoekers weer uitsien na handgemaakte produkte?

Absoluut! Net om n paar voorbeelde te noem: uit Steytlerville kom Charming Shoes wat uniek, handgemaakte leerskoene te koop gaan aanbied, uit Pretoria kom Buffelsfontein Baardolie met mans haar- en gesigprodukte, Simply Bee produkte en byeboer opleiding uit die Wes-Kaap, Bonnieface houtsneeprodukte van Kaapstad, Nuts about Garlic uit Oudtshoorn, Guano Boost bemestingstof uit Limpopo en Plaas Bul Unisex kleredrag uit Kaapstad.

besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos