.
Deel

Kunstenaars – enigiemand lus vir ’n uitdaging?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kunstenaar Annelie Naude en Retha Crous Bouwer, van Ons Kontrei Gastehuis, het koppe bymekaar gesit om kunstenaars ’n pret en unieke uitdaging te bied.

’n Plaaslike skilder het mense aan die gons met haar unieke kunswerke op ’n ongewone oppervlakte – winkelpoppe se ledemate.

“’n Kaal winkelpop lyk maar ’n bietjie weird,” bieg Annelie Naude van Kariega, “. . . maar toe begin ek hulle ‘aantrek’. Ek was verveeld met die plat oppervlakte wat gewone doek mens gee,” vertel sy.

“Dit was ’n leerkurwe om die prentjie in jou kop rondom die rondings van byvoorbeeld ’n vroulike torso te vleg wat drie dimensies na ’n nuwe vlak neem. Maar die eindresultaat is altyd uniek. Mense stap om en om my skilderye.”

Aan wat ander meer stylisties konserwatiewe kunstenaars dink, steur Annelie haar min.

“Kuns is niemand se eie geregtige besitting nie. Dit is die uitleef van jou verbeelding wat jy in jou eie privaatheid kan doen. En wys dan jou werk. Dit is pret, uitdagend en jy doen dit vir jouself. Want jy verdien dit.”

Dit is hoe Annelie en Retha Crous Bouwer, van Ons Kontrei Gastehuis, toe koppe bymekaar gesit het om eensame kunstenaars ’n uitdaging te bied: Kyk wat jy met een van Annelie se magdom pop-onderdele kan aanvang.

Met ’n R150 inskrywingsgeld, trek jy ’n nommer wat met ’n liggaamsdeel ooreenstem. Maak dit dan ’n kunswerk. Inskrywings word by Bargain Box, Caledonstraat 142 gedoen waar jy jou werkstuk ontvang.

Volgens Annelie is talle inskrywings al van Jeffreysbaai, Gqeberha en Kariega ontvang.

Voltooide werk moet by Ons Kontrei Gastehuis ingelewer word voor of op 29 Mei. ’n Paneel onpartydige beoordelaars sal die wenners op Sondag, 4 Junie aan-kondig. Dan kan jy jou werk huis toe neem.

“Die pryse?” Annelie lag. “Spog-regte. Maar ons sal darem ’n kontantprys of twee uit die inskywingsgelde opmaak. Dit is ’n liefdestaak om vuur onder kuns-tenaars te maak. Tensy ’n kuns-winkel of wat ’n bietjie verf en kwasse kan skenk.”

Kunstenaars word uitgedaag om winkelpoppe se ledemate in kunswerke te omskep.
Kunstenaars word uitgedaag om winkelpoppe se ledemate in kunswerke te omskep.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.21
+0.3%
Rand - Pond
23.87
+0.4%
Rand - Euro
20.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.20
+0.7%
Palladium
1,413.68
+0.5%
Goud
1,963.23
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos