.

‘No Whites Allowed’: Sakeman verduidelik hoekom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Armand du Preez (links) en Fundile Mahala toets hul velkleur by die 'No Whites Allowed' plakkaat.
Armand du Preez (links) en Fundile Mahala toets hul velkleur by die 'No Whites Allowed' plakkaat.
Foto: Heilie Combrinck

Suid-Afrikaners se rasbeheptheid het omtrent in die kollig gekom toe ’n sakeman van Kariega die kennisgewing “No Whites Allowed” by die toegang na sy meubel-onderneming opgesit het. Daar is gepraat van boikot-aksies en Facebook het gegons van ontsteltenis.

Tog sê Armand du Preez, eienaar van Furnworld International, hy het nog nooit van rassisme gehou nie. “Ook nie van omgekeerde rassisme wat nou in Suid-Afrika geld nie.”

Aan diegene wat só ontsteld is oor die verbod op wittes, sê Armand: “Daar is nie iets soos ‘n witmens nie. Ook nie ‘n swartmens nie. Ons is almal skakerings van bruin. God het ons almal geskape, ons is almal deel van die human race.”

Hy wys na die bewoording onderaan die kennisgewing wat so wyd aanstoot gegee het. Jip, daar is tien skakerings van bruin met onderaan die bewoording: “Please test your skin color before entry/Only brown allowed”.

Armand sê sy plakkate is soos skokterapie om mense aan die dink te kry oor hul vooroordele.

“Hoe groter die effek van ongemak, hoe groter is die kans dat mense oor hul reaksie nadink en die inligting in hul hardeskywe bêre. Rassisme is veldiep, onder ons velle bloei ons almal in dieselfde kleur.

“Dink daaroor, Jesus was ‘n Israeliet en Israeliete is donker van kleur met donker hare en donker oë. Hy was beslis nie die blonde-hare-blou-oog-man soos hy voorgestel word nie.”

Armand vertel dat hy van jongs af ‘n weersin in rassisme gehad het. “Toe ek jare gelede vir die o.21 rugbyspan teen steenkoolmyners van noord-Natal gespeel het, was daar een ligte bruin ou in die span, die res was donker bruin.

“Dié ou, wat ’n slot was, het my gestamp en toe slaan ek hom lights-out. My spanmaats was kwaad omdat ek die enigste ou, soos ons, uitgeslaan het. Toe sê ek maar dié ou het met my moeilikheid gesoek, nie een van die ander spelers nie.”

Armand is die voorsitter van die vereniging vir opkomende boere in KwaNobuhle, Rooihoogte, Kariega en Lapland. Hy sê dat hy in 1987-1988, toe hy in Italië rugby gespeel het, betrokke was by anti-Apartheidstalletjies in Raggio.

“Ek het nog nooit van rassisme gehou nie. Ook nie van omgekeerde rassisme wat nou in Suid-Afrika geld nie. So, die regering kan nie vir my sê ek mag nie die plakkate opsit nie, want hulle pas rassisme toe.”

Judge not colour but character

According to Fundile Mahala, an assistant at Furnworld International, the “No Whites Allowed” message posted at the door is revolutionary and a message that is needed not only in Kariega, Nelson Mandela Bay Metropole or South Africa needs, but in the whole world.

“We have been born into and brought up with this thing about white and black people. But when I thought about this message, my mind was transformed.

“I perceive myself not as black. I am dark brown.

"God created us differently, but as Martin Luther King said about his dream of not being judged by the colour of skin but by character, it is also my dream that all races in South Africa will speak in one language to make better our country.

“Change will come, but it will take time. A message like this ‘No Whites Allowed’ makes people think and the more people think the better. Uniform does not unify; we do not have to think the same to be united.

“The mind is the most powerful tool. As a man thinks, so he is. Whatever you are, you are because of your mind. I always say you can’t change the conduct by changing the conduct, you first must change the mind.

“The mind changes the attitude; attitude changes the behaviour. Thus, once the mind, where everything starts, changes, everything can change,” said Mahala.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 66/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.42
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.33
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Platinum
975.26
-1.2%
Palladium
1,660.34
+0.4%
Goud
1,879.39
+0.2%
Silwer
22.42
+0.5%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos