.
Deel

Ou Quest-vulstasie in Kariega lok ál meer vandale

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
André en Lindie Erasmus saam met Rudi Thirion (regs) in die ou videowinkel by die vervalle Quest-vulstasie in Graaff Reinetweg op Kariega.
André en Lindie Erasmus saam met Rudi Thirion (regs) in die ou videowinkel by die vervalle Quest-vulstasie in Graaff Reinetweg op Kariega.
Foto: Heilie Combrinck

Die vervalle ou Quest-vulstasie oorkant Willowdam op Kariega lok daagliks vandale en skroot-ysterstropers. Selfs ’n bakkie is ingespan om helder oordag ’n kluis, wat uit die gebou gebreek is, weg te ry.

Rudi Thirion, voorsitter van die Mosel Buurtwag, sê die vervalle vulstasie veroorsaak ’n toeloop van ongewenste karakters in die omliggende woonbuurte.

“Een van ons manne het hier gepatrolleer en ’n kluis gesien staan aan die agterkant van die gebou. ’n Driekwartuur later was die kluis weg. Spinmerke van ’n bakkie waarmee die kluis uitgesleep en weggery is, was duidelik sigbaar,” sê Thirion.

“Ek is ingelig dat hier ‘n omgewingsimpakstudie gedoen word en daarom mag Quest, of aan wie die perseel ookal behoort, nie enigiets hier doen nie. Intussen het wetteloosheid oorgeneem.

“Ons ken die bosslapers in die area, maar ons sien nou vreemde karakters wat ons nog nooit hier gesien het nie.

“Daarmee saam skaam ek my oë uit my kop oor hoe aaklig die ingange van die dorp is. Aan die een kant is die besoedelde Swartkopsrivier en aan dié kant hierdie aaklige vervalle gebou,” sê Thirion.

André Erasmus van die Mosel Buurtwag sê dat hulle al baie vandale op heterdaad betrap het, sommiges met gevaarlike messe,

“Die mense kom van ver af om hier te kom steel.

“Een van die bakkies wat ons hier opgemerk het, is van Stormsrivier af. Die woord is uit, niks word gedoen nie, so dit lok net meer en meer ongewenste karakters deur ons woonbuurte,” sê Erasmus.

Thirion sê hy het intussen ’n WhatsApp boodskap van Adriaan le Roux, nasionale verkoopsbestuurder van Petrefeul gekry waarin hy sê omgewingsake het hulle goedkeuring gegee om die gebou af te breek.

Roelf Basson, raadslid van Wyk 51 sê: “Dit lyk of die gesamentlike druk van die wykskantoor, buurtwag en brandweer uiteindelik reaksie ontlok het.

“Ons gaan nie ons druk verminder nie.

“Ons wil ’n tydskedule kry van die sloopproses. Die gebou moet afgebreek word en die ondergrondse brandstoftenks moet verwyder word. Dit is ’n brandgevaar,” sê Basson

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.34
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
972.95
+0.5%
Palladium
1,405.88
+0.4%
Goud
1,955.01
-1.2%
Silwer
22.98
-1.1%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos