.

Talentvolle Trudie het altyd ’n kreatiewe plan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Trudie Swanepoel en haar man, Fanie.
Trudie Swanepoel en haar man, Fanie.
Foto: Verskaf

Trudie Swanepoel het grootgeword op Despatch, later die wêreld gaan verken en teruggekeer. Maar of sy haarself plaaslik of in die buiteland bevind, haar kreatiwiteit ken geen perke nie.

Trudie se veelkleurige werksgeskiedenis weerspieël haar kundigheid, kunstigheid en nimmereindigende skeppingsdrif. Van jeugwerker, ontvangsdame by ’n radiostasie en verkoopsdame, tot onderwyseres, bakster, naaldwerkster en besigheidsvrou, is dit duidelik dat Trudie se hande vir niks verkeerd staan nie.

Vir haar is kreatiewe vryheid ’n voorvereiste in alles wat sy aanpak.

“As ek eers opstaan en die lus is daar vir wat ek ookal daardie dag wil doen, kan ek berge versit.”

Haar kreatiewe denke, liefde vir skep en nuwe projekte van stapel stuur kom uit haar kleintyd uit.

“Ons het altyd konserte in die huis gehou met die hele straat se kinders. My ma vertel hoe ons my oupa mal gemaak het oor Kersfees as ons daar gekuier het, want daar moes tot engelvlerke met glitter gemaak word. Die hele plek het later geglinster!”

Tot vandag toe het Trudie se wêreld nie sy glans verloor nie. Sy is baie lief vir onthaal en doen dit in haar unieke styl. Alles word haarfyn beplan: van die kleinste detail wat deel uitmaak van die gedekte tafel tot die kosse wat opgetower word.

Bakgogga byt

Dit was in Engeland dat die bakgogga Trudie ordentlik gebyt het. Dit het alles begin toe sy ‘n koekversieringsklas bygewoon het.

“Daarna het ek begin om oor naweke klasse aan te bied en het vir mense begin bak. Toe ek en my man terugtrek Suid-Afrika toe is my besigheid, The Sugar Fairy, in Despatch gebore. Ek het vir ‘n lang ruk gebak en klas gegee.”

Om na byna nege jaar in die buiteland terug te keer na haar geboortedorp, was aanvanklik nie maklik nie. “Maar ons is hartlik verwelkom deur Despatch se Dagbreekgemeente, waar ons lewenslange vriende gemaak het. Dit is by die Vrouebediening waar ek ook ‘n kreatiewe uitlaatklep gevind het vir al my honderde idees.

“Despatch is ‘n wonderlike dorpie om in te bly. Dit is ‘n plek vol plattelandse hartlikheid: mense praat orals met mekaar, in die woonbuurte en in die winkels. Selfs al ken hul mekaar nie altyd nie.”

Langs Trudie se kombuis en spens is haar kunsvlytkamer. Dit is hier waar haar skeppende gees vlerke kry en projekte begin.

“Van alles wat ek al gedoen het, geniet ek die klasse wat ek aanbied die meeste. Veral mosaïek, klei en koekversiering. Min dinge laat my so lekker voel as om iemand anders te help om op hulle voete te kom en nuwe vaardighede te leer wat hulle in die toekoms kan gebruik. In my hart is ek tog ‘n onderwyseres.”

Trudie mis wel die winkels in Londen met hul wye verskeidenheid en toe begin sy verlede jaar sommer met haar eie kostuumjuwele-besigheid, All about the Pretty.

Trudie en haar man Fanie se toekomsdrome sluit wel weer ‘n tuiste in die buiteland in. Maar vir nou is hulle gelukkig op Despatch.

Hier is een van Trudie Swanepoel se koekver- sier skeppings.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 44/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.42
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
975.43
-1.1%
Palladium
1,658.90
+0.3%
Goud
1,879.63
+0.2%
Silwer
22.41
+0.4%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos