.

Uitenhage se Rotariërklub ‘gee’ ter viering van 74ste jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Uitenhage Rotariërklub het skoonmaakmiddels en ander noodsaaklike items aan Huis Najaar op Despatch geskenk. Hier is (van links) Frans Swanepoel (ondervoorsitter Huis Najaar beheerraad), Rotariër Abrie Jordaan, Rotariër Isabel Jordaan, Rotariër Malene Louw, Anne-Marie van Heerden (bestuurder Huis Najaar), Belinda van der Bank (voorsitter Huis Najaar beheerraad) en Mia Smit (president van die Uitenhage Rotariërklub vir 2020/2021).
Die Uitenhage Rotariërklub het skoonmaakmiddels en ander noodsaaklike items aan Huis Najaar op Despatch geskenk. Hier is (van links) Frans Swanepoel (ondervoorsitter Huis Najaar beheerraad), Rotariër Abrie Jordaan, Rotariër Isabel Jordaan, Rotariër Malene Louw, Anne-Marie van Heerden (bestuurder Huis Najaar), Belinda van der Bank (voorsitter Huis Najaar beheerraad) en Mia Smit (president van die Uitenhage Rotariërklub vir 2020/2021).
Foto: Verskaf

Die Uitenhage Rotariërklub is op 8 September 1947 gestig en het 74 jaar later, op dieselfde datum, hul bestaansjaar in ware sosiale diensklub-styl gevier met die oorhandiging van donasies aan verskeie nie-winsgewende instansies op Kariega en Despatch.

Die Rotariërklub het aan ACVV Aandmymering tehuis vir bejaardes sowel as Huis Najaar elk ’n donasie van skoonmaakmiddels, saniteerders en ander noodsaaklike items ter waarde van R10 500 geskenk.

Aan die Uitenhage & Distrik DBV het die klub agt sakke 40kg hondekos en 20kg katkos ge-skenk.

By Laerskool Winterberg het die klub ’n klaskamer se vloer in samewerking met Buco reggemaak. Die Rotariërs het R2 500 se vloerplanke gekoop en vir die arbeid betaal, terwyl Buco die res van die vloerplanke geskenk het.

Tydens die streng COVID-19 inperkings in 2020 het dié Rotariërklub maatskaplike verligting in die vorm van kospakkies gebring. Hulle het drie afsonderlike projekte aangepak in samewerking met die plaaslike Lions Club, Laerskool Frans Conradie en Despatch SuperSpar. ‘n Totaal van R22 000 is bestee aan kospakkies vir mense in die Kariega en Despatch omgewings.

Geen 2021 Straatkarnaval

’n Jaarlikse hoogtepunt van die Uitenhage Rotariërklub is die Straatkarnaval wat vir dekades deur dié klub georganiseer word.

“Dit is vir ons hartseer dat die Straatkarnaval weens COVID-19 inperkings weereens nie gaan plaasvind nie. Aangesien daar geen toegangsfooi gevra word nie, is dit onmoontlik om die hoeveelheid besoekers te beheer en om aan COVID-19 regulasies te voldoen.

“Ons is hoopvol dat die Straatkarnaval in 2022 gehou sal word in beste belang van ons gemeenskap, stalletjiehouers en kunstenaars,” sê Smit.

UITGEREIK: UITENHAGE ROTARIëRKLUB
Die Uitenhage Rotariërklub het skoonmaakmiddels en ander noodsaaklike items aan ACVV Aandmymering Tehuis vir Bejaardes geskenk. Hier is (van links) Rotariër Abrie Jordaan, Rotariër Isabel Jordaan, Mia Smit (president van die Uitenhage Rotariërklub vir 2020/2021), Rotariër Malene Louw en Amanda Croucamp (bestuurder Aandmymering).
As deel van die Uitenhage Rotariërklub se 74ste bestaansjaar is nie-bederfbare kosse aan die Uitenhage & Distrik DBV geskenk. Hier is (van links) Deirdre Swift (DBV), Rotariër Isabel Jordaan, Rotariër Abrie Jordaan, Mia Smit (president van die Uitenhage Rotariërklub vir 2020/2021), Rotariër Malene Louw en Marion Diener (DBV).
Hier is van die besending kospakkies wat tydens die pandemie-inperkings aan mense in kosnood verskaf is. Rotariërs het gehelp met die opmaak en aflewering van die kospakkies.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 78/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.91
+0.2%
Rand - Pond
21.16
+0.1%
Rand - Euro
17.96
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,770.72
+0.2%
Silwer
22.31
-0.3%
Palladium
1,846.00
+3.5%
Platinum
948.00
+0.8%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,638
+0.1%
Alle aandele
71,115
+0.1%
Hulpbronne 10
67,221
-0.5%
Industriële 25
93,901
+0.2%
Finansiële 15
14,018
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos