.

Inwoners keelvol vir probleme

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die plek waar die hoofwaterpyp in Winburg in die V
Die plek waar die hoofwaterpyp in Winburg in die Vrystaat gebreek het. Die dorp en sy inwoners is al vir vier dae sonder water.
Die inwoners van Winburg in die Vrystaat sit met hul hande in hul hare omdat die watertoevoer na die dorp weens ’n gebarste pyp reeds vier dae onderbreek word.
Volgens Pieter Rossouw is die gebied se inwoners al so raadop met die Masilonyana-munisipaliteit en die kontrakteurs wat hulle aanstel om herstelwerk te doen, dat hy ’n private kontrakteur ingeroep het om die skade aan die waterpyp te ondersoek en te bepaal wat gedoen moet word om dit reg te maak.
“Die man het my laat weet dat die pyp ’n 45 grade-buiging gehad het.
“Wanneer jy so ’n buiging aanbring, moet ’n mens dit ondersteun met sement, en dit lyk asof dit dalk nie gedoen is nie,” sê Rossouw.
Afgesien van die vier dae lange wateronderbreking sê hy het dié dorp in elk geval nooit vir 24 uur aaneen water nie.
“Die munisipaliteit is alewig besig met iets. Die nuutste is ’n nuwe filtreringstelsel.
“Dit het tot gevolg dat ons net sommige dae tussen 08:00 en 16:00 water het, daarna onderbreek hulle weer die toevoer.”
“Dit het tot gevolg dat ons net sommige dae tussen 08:00 en 16:00 water het, daarna onderbreek hulle weer die toevoer.”
Tans word water met vragmotors van omliggende dorpe na Winburg aangery waar in- woners vir hulle water kan gaan haal. “Maar die stelsel is so skelm, die waterlorries maak op pad hierheen hul kraantjies oop en dan loop die water uit. Dit het tot gevolg dat hulle heel dag op en af tussen ons en Theunissen kan ry en geld maak vir al die trippies,” sê Rossouw.Hy sê hy kry veral die inwoners van Makeleketla, die gemeenskap buite Winburg, jammer.
“Baie van daardie mense het nie vervoer nie. Hulle kom dorp toe met ’n kruiwa om water te skep. Daarin kan hul- le seker so 20 liter tap en dan moet hulle terugloop. Wat kan hulle met daardie water doen? Veral as van dit uitgestamp word op pad terug huis toe.”
Die inwoners kom voor dooiemansdeur te staan as hulle by die munisipaliteit om hulp aanklop. Winburgers sê hulle weet nie watter van die swak infrastruktuur, korrupsie of onbevoegdheid het hier die oorhand nie.
“Die inwoners wat onder hierdie munisipaliteit val, is goed gatvol. Dis hoekom dit vir ons so belangrik is dat al- mal met daardie gevoel hul kruisie gaan trek in November, sodat ons net die huidige situasie kan omkeer en dit beter kan begin gaan,” sê Rossouw.

“Die inwoners wat onder hierdie munisipaliteit val, is goed gatvol. Dis hoekom dit vir ons so belangrik is dat al- mal met daardie gevoel hul kruisie gaan trek in November, sodat ons net die huidige situasie kan omkeer en dit beter kan begin gaan,” sê Rossouw.

Zongezile Ntjwabule, munisipale woordvoerder, het be- vestig dat ’n deel van die hoofwaterpyp wat van die dam na die opvanggebied loop, die naweek gebreek het.
Die munisipaliteit is bewus van die probleem en werk al sedert Maandag hard daaraan om dit op te los.
“Ons beoog om DinsdagHulle het beoog om Dinsdag (05/10) teen middagete weer water na die opvanggebiede te pomp en teen WoensdagWoensdagoggend die volle kapasiteit en watertoevoer na die dorp te herstel.
Volgens Ntjwabule doen die munisipaliteit se herstelspan sy bes om soortgelyke gevalle in die toekoms te verhinder.
Die inwoners van Winburg in die Vrystaat is al vie
Die inwoners van Winburg in die Vrystaat is al vier dae sonder water nadat die hoofwaterpyp gebreek het.

Hy sê die rede waarom die werk eers DinsdagMaandag kon begin, is dat die verskaffers oor die naweek toe was en die nodige toerusting vir die herstelproses nie dadelik bekom kon word nie.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.6%
Rand - Pond
20.42
+0.2%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,803.60
+0.5%
Silwer
24.48
+0.5%
Palladium
2,047.50
+0.4%
Platinum
1,045.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.6%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos