.

Hoop vir die week: ‘God se Gees is die beste wyn’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Ds. Christo Nel

Ek was onlangs op ’n wegbreek­geleentheid in die Krugersdorp-omgewing.

Die uitstappie se tema was die sewe wondertekens in die Evangelie van Johannes. Vir my het alles egter by die eerste wonderteken bymekaargekom.

Niemand het gereken dat die wyn by die bruilof in Kana so vinnig sou opraak nie. Toe dit egter gebeur, het Jesus toegetree. Hy het kanne vol water laat maak en dit in wyn verander.

Leser, jy moet vandag baie mooi hoor: Solank jou lewe vol van jou eie probeerslae en planne is, kan Jesus nie sy planne, sy nuwe wyn, in jou lewe laat grondvat nie.

Jou eie planne en idees moet eers opraak. Dan moet jy na Jesus gaan en sê: “Here, my wyn – my manier van doen – het opgeraak. Ek is leeg.”

In daardie oomblik verander Jesus die leegheid in ’n vervulde lewe (Johannes 10:10). Hy maak jou vol met strome lewende water; Hy vul jou met die Heilige Gees (Johannes 7:37-39).

Die geheim lê egter in die feit dat Jesus jou nie kan vul as jy nog vol van jouself en jou eie planne is nie.

Eers wanneer jy leeg word van jouself kan jy gevul word met die drie-enige God. Johannes 3:30 sê nie verniet dat Christus meer en ons minder moet word nie.

Hoe meer jy leeg word, hoe voller kan Christus in jou word.

Ek weet nie waar jy in jou lewe is nie. Miskien werk jy hard om die verliese teen te werk wat Covid-19 teweeg gebring het.

Miskien is jy ten gronde ná die afgelope tyd.

Die vraag is egter: Waarmee is jy op die oomblik gevul?

Besittings maak nie vol nie. As jy egter God se koninkryk eerste soek (Matteus 6:33), sal jy sien dat Jesus vir jou die heel beste het. God se Gees is die beste wyn.

Alles wat jy nodig het, gee Hy in oorvloed.

) Ds. Christo Nel is leraar aan die NG kerk Riebeeckstad.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.01
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,059.50
+1.8%
Platinum
1,042.36
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos