.

Ma van 2 sterf in ontploffing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Riana Barkley is dood toe ’n kragopwekker ontplof het. Foto: Verskaf

’n Vrou van Welkom is in die hospitaal dood nadat sy ernstig beseer is toe sy ’n kragopwekker wou afskakel en dit ontplof het.

Riana Barkley (41) van die Lakeview-woonbuurt het op 9 November net ná 14:00 uitgegaan om die kragopwekker by haar huis af te skakel toe beurtkrag geëindig het.

Volgens die bure was die slag so hard dat dit byna soos ’n aardbewing gevoel het.

Barkley, wat met ernstige brandwonde in die Mediclinic Welkom opgeneem is, het Woensdag (10/11) gesterf.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Willem Badenhorst, wat sonkraginstallasies doen, sê dit is ongewoon dat ’n kragopwekker ontplof, maar dit is moontlik dat daar nie genoeg ventilasie by die opwekker was nie.

“Die petrol in die tenk kan ná twee uur se beurtkrag warm wees en dit sal soos ’n bom wees.”

Hy sê dit is ook moontlik dat daar ’n lekplek in ’n petrol­pypie was en dat dit die ontploffing kon veroorsaak. Barkley word oorleef deur haar man, Deon, en twee kinders, Declan-Dean (3) en Marilyn-Marié (6).

Die petrol in die tenk kan ná twee uur se beurtkrag baie warm wees en dit sal soos ’n bom wees– Willem Badenhorst

Ria-marié Lotriet, ma van Riana, sê die oorledene word ook deur haar haar ouers en 'n broer oorleef.

"Nee daar het nie petrol gelek nie. Daai reuk sou niemand mis nie. Die kragopwekker het wel ventilasie reg rondom gehad waar die wind heeltyd inwarrel. Die kragopwekker is by die polisie se engineer omdat onsself graag wil weet wat het daar gebeur. Met fase 4 beurtkrag het hy baie gehardloop sonder enige probleme. Miskien moet beurtkrag dalk net gestop word," sê Lotriet.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 64/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.10
+0.4%
Rand - Euro
17.98
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.23
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,772.59
+0.3%
Silwer
22.39
+0.0%
Palladium
1,855.50
+4.0%
Platinum
948.00
+0.8%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,533
-0.0%
Alle aandele
71,022
0.0%
Hulpbronne 10
67,111
-0.7%
Industriële 25
93,826
+0.2%
Finansiële 15
13,983
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos