.

Uitdagings stuit gimnaste nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Michelle Koekemoer het twee medaljes op die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie se spele gewen. Foto: Verskaf

Lede van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het goed gevaar op die Suid-Afrikaanse Gimnastiek­federasie se spele.

Dié byeenkoms het vroeg in Oktober plaasgevind.

Bykans elkeen van die 35 gimnaste het ’n medalje gekry, en senior gimnas Michelle Koekemoer was goud werd op die balk. Sy het die algehele eerste plek behaal.

Haar uitvoering op die brug was ook goed genoeg vir ’n bronsmedalje.

Die Covid-19-pandemie het die klub swaar getref, en meer as 50% van sy lede is weens die inperking verloor.

Die Vrystaat-span wat aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie se spele deelgeneem het, is van links, voor: Cassie Bresler; agter: Michelle Koekemoer, Nicholis Ferreira, Michelle van der Westhuizen en Christine Deas (afrigter).Foto: Madli Grobbelaar

Volgens Christine Deas, afrigter en eienaar van die klub, het Covid-19 die klub en die gimnaste emosioneel en fisiek geraak.

“Dit was baie moeilik. Om sosiale afstand te handhaaf, moes ons plakkers op matte plak waar elke gimnas al hul oefeninge moes doen.”

Klasse was tot klein groepe van tien beperk, en sessies het net een uur geduur.

Covid-19-regulasies is streng toegepas en geen apparaatwerk is aanvanklik toegelaat nie.

“Gimnaste het aan tonnelvisie begin ly omdat hulle alles net op een plek moes doen,” sê Deas.

“Afrigting was ook vir my moeilik, want ek mag nie gimnaste gehelp het nie.”

Ná die strenger inperking in Junie 2020 kon die klub weer oopmaak. Al die voorgeskrewe reëls is nagekom.

“Deur alles het die gimnaste aangepas. Hulle het hard begin oefen, en veral die klein kompetisies geniet wat ons gehou het.”

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 109/4
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10
West Indies 69/1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.05
+0.9%
Rand - Pond
21.40
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.45
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,792.45
+0.4%
Silwer
22.86
-0.2%
Palladium
1,760.99
-2.2%
Platinum
954.45
-1.2%
Brent-ruolie
73.44
+1.0%
Top-40
63,677
+0.1%
Alle aandele
70,099
+0.1%
Hulpbronne 10
66,517
+1.4%
Industriële 25
92,986
-1.0%
Finansiële 15
13,499
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos