.

Voortrekkers vier 90 jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Amy-Rose Castro (links) en Zetske Bothma van die Laerskool Nelsdrif (gr. 6) leer op Doornkloof hoe om met ’n kettie na ’n teiken te skiet.
Voortrekkers op Avontuurkamp het onder meer geleer hoe om met chemikalieë wat gemeng word, ’n vuur te maak. Hier kyk Rihané Liebenberg (Laerskool Naude­ville), Nina-Lize Heymans (Laerskool Vaalpark), Chevonné Vos (Laerskool Universitas) en Willizè Watt (Welkom-Volkskool) toe hoe hul vuur 'n toutjie afbrand.
Die Voortrekkers het Donderdag 30 September sy 90ste bestaansjaar gevier. Die Vrystaatse Voortrekkers se laerskoolkampe is van 2 tot 6 Oktober op Doornkloof, die Voortrekkers se plaas naby Lindley aangebied. Op die Sondag-byeenkoms waar 611 jeuglede en volwassenes byeen was, is ’n spesiale seremonie gehou om Die Voortrekkers se 90ste bestaansjaar te vier.Foto’s: Lientjie Mentz

Die Voortrekkerplaas Doornkloof net buite Lindley was die skoolvakansie weer in rep en roer toe laerskoolleerlinge ná die onderbreking weens Covid-19 daar gekamp het.

Vanjaar het daar 611 kinders en volwassenes die vier kampe vir gr. 4- tot gr. 7-leerlinge bygewoon.

“Ek het die vuurvliegie-nagmars die meeste geniet,” vertel Nikki van Biljon, ’n gr. 4-leerling aan die Laerskool Universitas.

Sy is een van die jong Voortrekkers wat hul eerste Doornkloof-kamp begin het deur die plaas in die donker met flitsliggies te verken.

Lené Labuschagne en Lia de Boer van die Laerskool Jordania in Bethlehem sê hulle het die speletjies en die sweepvleg erg geniet.

Op die Avontuurkamp het Voortrekker-lede in gr. 7 gewerk om ’n nuwe kenteken te verwerf. Hulle het onder meer geleer hoe om water te filtreer en vuur te maak deur chemikalieë te meng.

Die gr. 5-Voortrekkers wat op Overspruit gekamp het, het gewerk aan twee kentekens – een vir die verwerwing van kennis oor varswater­diere en een vir weerkennis. Van die aktiwiteite waaraan gr. 6-leerlinge kon meedoen, was om te leer hoe om met ’n kettie te skiet en jukskei te speel. By die Beesvel-dam het hulle kleilat gegooi.

Gr. 10- en gr. 11-leer­linge het die selfbehoud-kamp op Doornkloof en omliggende plase bygewoon. Hulle moes onder meer hul eie kos uit die veld kry.

Willie Engelbrecht, gebiedsleier van Die Voortrekkers in die Vrystaat, sê 2021 is besonders omdat dié beweging se 90ste bestaansjaar op 30 September gevier is.

Die inperking het verhinder dat groot geleenthede gereël kon word, maar die Vrystaters het op die Sondag-byeenkoms hul 90ste bestaansjaar herdenk.

Die fakkel wat met die 85ste herdenking van die beweging se stigting deur die land geneem is, is weer op die Doornkloof-seremonie aangesteek.

Volgens Engelbrecht was die kampe ’n groot sukses.

“Al ons Covid-19-protokolle is deur kenners goedgekeur.”

Hy sê daar was voor die kamp heelwat kommunikasie met dr. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), die voorsitters van skole se beheerliggame en skoolhoofde.

Hulle was ook gereeld in kontak met die infeksiebeheerspe­sialis dr. Cloete van Vuuren.

“Ons het wonderlike onder­steuning van drie verpleeg­kundiges wat ondervinding het in die voorste linie teen Covid-19. Danksy die Netcare-hospitaal in Kroonstad het ons ook Covid-19-toetsapparate gehad wat ons op die kamp sou kon gebruik indien nodig.”

  • Daar was heelwat minder kinders en offisiere as vorige jare, maar dit het gehelp met fisieke afstandhouding. Die beweging se feesvieringe word met ’n aanlyn konsert op 15 Oktober voortgesit.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,799.07
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,045.00
+0.9%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos