.

Vrystaatse skuts lewer spogprestasies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
In die .22-sporter­geweer-afdeling op 50 m vir juniors was Theuns Delport eerste, Keagon Smith tweede en Joané Hearn derde.Foto: Verskaf
Theuns Delport is as die junior kampioen in die .22-randslagafdeling vir juniors en die luggeweer-afdeling aangewys.Foto: Verskaf

Meer as 30 skuts van Noord-Gauteng, Gauteng, die Wes-Kaap, die Vrystaat en die Oos-Kaap het aan die Suid-Afrikaanse Presisiesportskiet-kampioenskap in Welkom deelgeneem.

Die byeenkoms is Vrydag (08/10) en Saterdag by die Excalibur-skietklub aangebied.

Die kompetitisie word volgens die reëls van die Wêreldfederasie vir Randslag- en Luggeweerskiet (WRABF.COM) gehou. Daar word in drie afdelings meegeding: .22-randslag, en twee afdelings luggeweerskiet.

Die Vrystaat Cheetah-skietspan het 4 goue, 5 silwer- en 5 brons­medaljes ontvang. Die spanlede is Theuns Delport, Robin Crabb, Gus de Vries, Joané Hearn en Nick Schoonwinkel.

Keagon Smith van die Excalibur-klubspan het ’n silwermedalje in die .22-sportergeweer-afdeling gewen.

Delport is as die junior kampioen in die .22-randslagafdeling vir juniors en die luggeweer-afdeling aangewys.

In die .22-sporter­geweer-afdeling op 50 m vir juniors was Delport eerste, Smith tweede en Hearn derde.

In die swaarloop-luggeweer-spanafdeling was Noord-Gauteng eerste, die Wes-Kaap tweede en die Vrystaat derde.

Lesers wat daarin belang stel om hulle by die Excalibur-skietklub aan te sluit, kan Nick Schoonwinkel by 081-247-6214 bel.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.01
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,059.50
+1.8%
Platinum
1,042.36
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos