.

Onderwyser se musiek dra boodskap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

’n Onderwyser van Odendaalsrus het nie net ’n engelhart nie, maar ook ’n engelstem.

Lida Venter het die musiek­wêreld in rep en roer met haar nuutste enkelsnit, “ ’n Onderwyser se hart”.

Sy skryf haar eie liedjies, en soms neem sy dit in haar tuisstudio op.

“Ek het myself geleer om die studio in te rig – en om te sing en kitaar te speel.

“Ek het begin sing toe ek klein was, maar sommer net in die skoolkoor en vir lekkerte om almal om my te irriteer,” sê sy met ’n laggie.

Lida sê haar genre wissel tussen Afrikaans (akoesties) en pop-country.

“Sang druk soveel emosies uit wat woorde nie kan beskryf nie,” meen sy.

“Ek sien dit ook as deel van ’n gesondwording, en ek deel gereeld my getuienis by kerke en vrouekonferensies. Hier kombineer ek sang met my storie en getuienis van God se goedheid die afgelope jare in my lewe.”

Haar lewe en menswees het drie jaar gelede drasties verander toe sy by die dood omgedraai het. Lida, haar stiefpa, Sakkie Peters, en haar ma, Monica Peters, was in ’n gru-ongeluk betrokke. Sakkie is op slag dood.

Lida is in die waakeenheid opgeneem en was langer as ’n maand in die hospitaal. Daarop het maande se rehabilitasie gevolg.

“Dit is deel van my getuienis wat ek altyd deel,” sê sy.

Oor haar liedjie sê Lida die onderwys en kinders is haar passie.

“Ons onderwysers kyk baie dieper en verder as die pleister op ’n kind se hart of die trane van blydskap of hartseer wat oor hul wange rol. Ons sien sonder om te kyk en hoor sonder om te luister.

“Ons verrig ’n belangrike taak – om leiers van môre te skep. Ons optrede kan ’n kind maak of breek. Soms is ons ’n kind se enigste rolmodel,” sê Lida.

Dit was toe sy op een wintersoggend buite tussen die kinders gesit het dat sy die inspirasie vir “ ’n Onderwyser se Hart” gekry het.

“Dit was terwyl hulle so om my gespeel het dat die woorde van die liedjie begin vloei het. Ek het my foon gevat en die woorde begin tik, en toe weet ek hierdie is die liedjie.”

Lida is die afgelope vyf jaar ’n onderwyser aan die Laerskool Odensia, en sy sê dit is by dié skool waar sy geleer en gegroei het.

“Dit is hier waar ek besef het wat dit werklik is om ’n onderwyser se hart te hê.

“Ek sê altyd ’n mens moet net wees, wees jouself, volg jou drome en anker jouself in God en in sy Woord,” sê sy.

“Dan sal alles in plek val, al voel alles uit plek.”

  • Luister na Lida se liedjie op Netwerk24.com. Klik boaan dié webblad op “Streeksnuus”, kies “Vista” en klik dan op die berig “Vista stel ’n splinternuwe Afrikaanse sangeres aan ons lesers voor”.
Lida Venter - 'n Onderwyser se hart
Lida Venter - 'n Onderwyser se hart
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,799.33
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,053.00
+1.3%
Platinum
1,042.00
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos