Ma en seun het weer tydens Noord-Kaap Rolbal se enkelspelbyeenkoms in Kimberley skoonskip gemaak.
Die provinsie se 16 topmans- en -vrouerolbalspelers het Saterdag en Sondag om die enkelspeltitel meegeding.
Charles Peter (CP) Mathewson is vir die derde keer as die manskampioen aangewys en sy ma, Annelie Mathewson, vir die agtste keer as die vrouekampioen.