In 1987 het die Sonskynprojek in Welkom met net twee gesinne begin, en 34 jaar later word 30 gesinne versorg.
Die “moeder” en stigter van die projek, Alet Viljoen, sê dit was nie altyd ’n maklike taak nie, maar die vreugde om mense te help maak dit die moeite werd.
“Op 3 Februarie bestaan die projek 34 jaar. Die projek help gesinne in nood. Elkeen van my families woon in huise, buitekamers of by iemand in ’n kamer,” sê Viljoen.