.

Aanstelling ’n aanwins vir skool

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Corné Loubser het op 1 Oktober as die Hoërskool Witteberg se nuwe werwingsbeampte begin.Foto’s: Verskaf
Corné Loubser het op 1 Oktober as die Hoërskool Witteberg se nuwe werwingsbeampte begin.Foto’s: Verskaf

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het ’n nuwe werwingsbeampte aangestel.

Corné Loubser het op Vrydag 1 Oktober die leisels by Gustav Dreyer oorgeneem.

Dreyer, wat agt jaar lank by Witteberg betrokke was, het onlangs ’n bemarkingspos aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria aanvaar.

“Dié oudleerling, vriend en kollega se danspassies en positiewe geaardheid sal gemis word,” sê Hannes Oosthuizen, skoolhoof.

“Ons wens hom net die beste met sy lewenspad toe en ons weet dat die Hoërskool Wonderboom, met hom aan boord, vele suksesverhale sal skryf.”

Intussen glo Oosthuizen dat Loubser se mensekennis, positiewe ingesteldheid en opregtheid van groot waarde tot die veld van borge en werwing vir Witteberg sal wees.

Loubser, ’n dinamiese vrou in die Bethlehem-gemeenskap, was die afgelope paar jaar as rekeningbestuurder aan die Capitec-bankgroep verbonde.

“Daar word uitgesien na haar betrokkenheid by die skool en die nuwe bande wat gebou gaan word,” sê Oosthuizen.

“Witteberg is bevoorreg dat iemand van haar gehalte by ons personeel­korps kon aansluit. Ons vertrou dat haar lewensreis op ons jeugland geseën sal wees.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos