.

Kroonstadter se 100 j. met oorgawe gevier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Tannie Anna Serfontein, ’n inwoner van die Arboretum-tehuis vir bejaardes in Kroonstad, het Woensdag (29/09) haar 100ste verjaardag saam met familie en ander inwoners van die tehuis gevier.Foto: Verskaf
Tannie Anna Serfontein, ’n inwoner van die Arboretum-tehuis vir bejaardes in Kroonstad, het Woensdag (29/09) haar 100ste verjaardag saam met familie en ander inwoners van die tehuis gevier.Foto: Verskaf

’n Geliefde inwoner van Kroonstad en ook die oudste lid van dié dorp se tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het haar 100ste verjaardag gevier.

Tannie Anna Serfontein, ’n inwoner van die Arboretum-tehuis vir bejaardes, het Woensdag (29/09) dié groot mylpaal in haar lewe behaal.

Sy is nog heel onafhanklik en nie sieklik nie.

Sy was bevoorreg om die besonderse geleentheid saam met ander inwoners te vier, asook familie en haar beste vriendin, Hannie le Roux – wat op haar beurt in Mei 100 jaar oud geword het.

Tannie Anna het diep spore in die Koppies- en Kroonstad-gemeenskap gelaat.

Sy is op die plaas Welgemoed in die Tweeling-distrik gebore en het haar laerskoolloopbaan aan die Swaarwater-plaasskool begin en dit aan die Laerskool Tweeling voltooi.

Sy het matriek geskryf aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, waarna sy onderwys aan die destydse onderwyskollege in Bloemfontein studeer het. Tannie Anna het daarna haar onderwysloopbaan aan ’n plaasskool in die Reitz-distrik begin.

In 1944 is sy met die boer Jan Serfontein getroud. Uit die huwelik is twee kinders, Serf en Bets (nou met die van Huyser) gebore. Daar is ook vier kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

In 1986 het tannie Anna en Jan in ’n meenthuis in Kroonstad ingetrek. Jan is in 1988 oorlede.

Sowat 33 jaar later het tannie Anna in die Arboretum-tehuis vir bejaardes gaan woon.

As lid van die VLU het sy al met vele eerste pryse vir haar viltwerk weggestap. Sy is ook baie handig met kwilt- en naaldwerk. Haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders het almal al die mooiste handwerk en kwilte van haar ontvang.

Tannie Anna se familie het ook vir haar ’n groot verjaardagpartytjie met familie en vriende vir Saterdag (02/10) gereël.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos