.

Plaashuis besiel rolprent

akkreditasie

Die verhaal van twee vroue van Ficksburg wat ná ’n plaasaanval ’n plaashuis gaan skoonmaak het, het die jong rolprentmaker Dian Weys (29) só aangeraak dat hy ’n fliek daarvan wil maak.

Genene Moll Du Toit, ’n boervrou van die distrik, was in Mei 2008 in ’n hospitaal in Bethlehem ná die aanval waarin haar man, Jacques, vermoor is en haar seun, Xavier, ook aangeval is.

“Die vroue wou hê dat sy na ’n skoon huis moes terugkom – ’n huis sonder enige teken van die aanval,” wat gaan skoonmaak het, wou hê sy moet na ’n skoon huis – sonder enige teken van die aanval terugkom,vertel Weys.

Hy het in Carla van der Spuy se boek Plaasmoord: Slagoffers vertel self van hierdie twee vroue se daad van medemenslikheid gelees. Hy was so geraak deur dié toe hy daarvan dat hy dadelik die betrokkenes gekontak het en na hulle gery het om met hulle te gesels.

“Genene en haar gesin het die aanval as ’n getuienis van God se liefde gebruik,” vertel Weys.

“Genene het weer getrou en bly nou in Winburg. Ek het einde 2016 met haar gaan gesels toe ek in Fouriesburg was. Sy het my in kontak gebring met die vrou wat die plaashuis skoongemaak het.”

Twee uur later het hy in ’n restaurant gesit en met die vrou, Hanli van der Walt, gesels.

“Sy het ’n gewone skoonmaakdiens besit. Dit was die eerste keer dat sy ’n moordtoneel moes skoonmaak, en het haar suster, Gi-one, gevra om haar te help.”

Weys soek nou dringend geld om ’n kortprent, Plaashuis, oor die gebeure te maak.

Hy het aan Netwerk24 gesê hy besef die onderwerp van plaasaanvalle is sensitief en glo dit is waarom hy die afgelope vier jaar nie deur amptelike kanale soos die Nasionale Rolprent-en-videostigting geld kon kry om sy prent te maak nie. Sowat R200 000 is nodig.

“Ons doen skarebefondsing vir Plaashuis. Ons wil die prent dadelik gratis aanlyn plaas en so die geld aan die kykers teruggee. Dit blyk nou die enigste opsie te wees.”

Sy invalshoek is om die kyker “ ’n getuie van die verhaal te maak”, sê hy.

“Ek wil die spieël terugdraai sodat kykers hulself afvra wat hulle in so ’n situasie sou doen.”

Hy verkies dat gehore hul eie gevolgtrekkings maak.

“Ek wil nie ’n plaasaanval voorstel nie – dit gaan vir my oor wat daarna gebeur, hoe ’n gemeenskap daarop reageer en wat hulle doen.”

Die akteurs Nicola Hanekom, Martelize Kolver en Albert Pretorius is reeds tot die projek verbind.

  • Besoek plaashuis-kortfilm.com vir meer inligtingen volg die skakels na skenkings as jy ’n bydrae wil maak.
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 178/4
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.46
-0.5%
Rand - Pond
21.00
-0.1%
Rand - Euro
17.56
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,813.71
-0.3%
Silwer
23.35
+1.4%
Palladium
1,903.50
+1.3%
Platinum
981.00
+0.5%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos