.

‘Sosiale’ stilstand knou sake

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Algehele chaos het geheers toe Facebook en die ander toepassings in sy “familie” verlede week onverwags buite werking was. Bykans 30 miljard mense het ses uur lank geen toegang tot Facebook, Instagram en WhatsApp gehad nie.

Danksy toepassings soos Twitter en Telegram kon verwarde sosialemediagebruikers ingelig word dat die sosialemediareus slegs tegniese probleme ondervind en dat hul geliefkoosde toepassings nie spoorloos verdwyn het nie.

Facebook was basies uit sy eie stelsel gesluit, wat tegniese spanne goed laat kopkrap het.

Die sosiale media het ondernemings se metode van bemarking en kommunikasie, asook die manier waarop marknavorsing en die werwing van nuwe kliënte gedoen word, handomkeer verander. Klein en groot sakeondernemings moes al leer hoe om sosialemediaplatforms tot hul voordeel te gebruik. Dus het die ure se stilstand ook ’n groot invloed op ondernemings gehad en nie net op die individuele gebruiker nie.

Hoe groot die verliese is wat in hierdie verband gely is, moet nog bepaal word. Daar word wel geraam dat Mark Zuckerberg, stigter en uitvoerende hoof van die toepassings, ’n stewige knou van $6 miljard toegedien is.

’n Onderbreking van dié aard toon dat die sosiale media veel meer as ’n gekuier behels.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,800.87
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,048.50
+1.3%
Platinum
1,043.86
+0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.1%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.5%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos