.

Streek toon sy staal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Gerhard du Preez van Noord-Vrystaat-jukskei is met hoër louere vereer op die nasionale meestersjukskeitoernooi wat in Kroonstad gehou is.Foto: Verskaf
Gerhard du Preez van Noord-Vrystaat-jukskei is met hoër louere vereer op die nasionale meestersjukskeitoernooi wat in Kroonstad gehou is.Foto: Verskaf

Die nasionale meestersjukskei­toernooi is van 27 September tot 1 Oktober op Jukskeipark in Kroonstad aangebied. Spanne van al nege provinsies het hieraan deelgeneem.

Annatjie Kruger, Sandra Botes, Eveline du Plessis en Peet Oosthuizen, kaptein, het die Noord-Vrystaat in die D-afdeling verteenwoordig en saam met Gauteng-Oos die derde plek in die toernooi verwerf.

Alewyn Smit, Marthie Williamson, Sarel Griesel en Gerhard du Preez, kaptein, wat die Noord-Vrystaat in die A-afdeling verteenwoordig het, was eindelik sewende.

Twee lede van Noord-Vrystaat-jukskei is met hoër louere vereer: Gerhard du Preez in die meestersafdeling vir mans ouer as 50 jaar en Marietjie Herbst in die grootmeestersafdeling vir vroue ouer as 60 jaar.

Jukskei Noord-Vrystaat se spanbestuurder is Deidre Smit, en Herbst is die afrigter.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.41
+0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.62
+0.4%
Silwer
24.39
+0.3%
Palladium
2,044.39
+1.6%
Platinum
1,042.49
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos