.

Studente word só by Studiefondssentrum gehelp

akkreditasie

Die Studiefondssentrum (SFS) van Solidariteit se Helpende Hand het die laaste vier jaar R1,2 miljoen aan Oos-Vrystaatse studente betaal.

Kobus Venter, streeks­organiseerder van Solidariteit Helpende Hand in die Vrystaat, sê dié geld is aan 11 leerlinge aan die Hoërskool Witteberg, 11 leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker, 5 leerlinge van Harrismith en 3 leerlinge van Reitz, beskikbaar gestel.

Die SFS is een van die organisasie se grootste projekte. Die doelwit is om dit moontlik te maak vir Afrikaanse studente, wat dit andersins nie sou kon bekostig nie, om te studeer.

“Die SFS is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat in 2008 begin is om behoeftige Afrikaanse jong mense te help om deur middel van rentevrye studie­lenings te studeer,” sê Stefan Pieterse, hoof van die SFS.

“Lenings word toegestaan en studente wat afstudeer, betaal slegs die geld terug wanneer hulle begin werk, sonder dat enige rente of administrasiegeld gehef word.

“Studente wat by enige ge­akkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer, kan om dié lenings aansoek doen.”

Oor die afgelope tien jaar is daar R13 miljoen aan studente in die Vrystaat uitbetaal.

Nuwe fonds vir Bethlehem

Solidariteit Helpende Hand se Bethlehem-tak beoog ’n Bethlehem-gemeenskapstudiefonds.

“Dit is uit die gemeenskap, vir die gemeenskap,” sê Venter.

Dié fonds sal met R20 000 begin word, wat die tak in die loop van 2019 vir hierdie doeleindes eenkant gesit het.

Enige Afrikaanse leerling wat matriek aan ’n Bethlehem-skool voltooi en aan ’n tersiêre instelling gaan studeer, sal kan aansoek doen.

Elize Claassen, voorsitter van die Bethlehem-tak, sê die tak is baie opgewonde oor die nuwe studiefonds en nooi lede van die gemeenskap om die tak te kontak indien hulle tot die fonds wil bydra.

Aansoeke sal ook deur die nasionale aanlyn sisteem werk.

Bel Elize Claassen (takvoorsitter) by 083-613-7151 of Kobus Venter (streeksorganiseerder) by kobus@­helpendehand.co.za om betrokke te raak.

Die SFS op nasionale vlak

Op nasionale vlak het Solidariteit Helpende Hand se SFS tot dusver vanjaar R42 miljoen se geldelike steun gewerf om meer as 1 300 behoeftige Afrikaanssprekende studente in 2019 te help om te studeer.

Volgens Pieterse is dit die produk van harde werk en meer as 200 skenkers se oop hart en hande. Hy het gesê die SFS het vanjaar die 5 000 ste student gehelp om te studeer en ongeveer R197 miljoen is die afgelope tien jaar aan studente se studies spandeer.

Die SFS maan voornemende studente om kennis te neem dat aansoeke vir 2020 se studiejaar streng op 30 September sluit.

Vir meer inligting besoek helpendehand.co.za/studiefonds­sentrum.

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 11/1
New Zealand 215/5
Rand - Dollar
16.19
+0.4%
Rand - Pond
19.64
+0.9%
Rand - Euro
16.60
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,800.80
+0.6%
Silwer
20.81
+2.5%
Palladium
2,221.50
-3.0%
Platinum
966.00
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos