.

Swemmers kan weer induik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die Môrewag-swembad is die enigste swembad in Kroonstad wat op Olimpiese peil is. Dié geriewe is onlangs met behulp van ’n onderneming en ander belanghebbendes opgeknap. Foto: Madli Grobbelaar
Die Môrewag-swembad is die enigste swembad in Kroonstad wat op Olimpiese peil is. Dié geriewe is onlangs met behulp van ’n onderneming en ander belanghebbendes opgeknap. Foto: Madli Grobbelaar

Swemmers van Kroonstad en omgewing sal verheug wees om te verneem dat die Môrewag-swembad nuwe lewe gekry het.

Dié geriewe, wat met behulp van ’n private onderneming en ander belanghebbendes herstel en opgeknap is, sal vir die nuwe swemseisoen gereed wees.

Dit is die dorp se enigste swembad wat op Olimpiese peil is en waarin swemmers vir provinsiale en nasionale swemgalas kan oefen. Tog was dit geruime tyd in ’n gehawende toestand.

Tydens die opknappings­proses is die plaveisel, teëls, waterpype en elektrisiteits­toevoer vervang en herstel.

Volgens Albie Esterhuizen van CC Chickens in Kroonstad het sy onder­neming betrokke geraak toe sprake van ’n swembad vir die nuwe Trio-skool ontstaan het.

“Belanghebbendes het die voorstel gemaak om eerder die bestaande Môrewag-swembad op te knap.”

VrystaatKroon het voorheen berig dat die tekort aan oefengeriewe vir swemmers van Kroonstad ’n uitdaging bied, en dat hulle genoop is om in nabygeleë dorpe te oefen. Dit het ook ’n negatiewe invloed op Kroonstad se ekonomie gehad.

Esterhuizen sê hulle het met die Moqhaka-munisipaliteit hande gevat om die swembad te herstel. Die munisipaliteit het al die nodige materiaal vir die herstelwerk voorsien, terwyl die werkmag vir spesifieke take deur ondernemings bygedra is.

Alle herstelwerk is teen einde September afgehandel, en die swembad sal binnekort vol getap word.

Dika Kheswa, woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit, het bevestig dat die swembad in Oktober weer gebruik kan word.

“Dit is immers beter om die bestaande swembad te herstel as om ’n nuwe swembad te bou,” sê Esterhuizen.

“Dit is vir die munisipaliteit en die gemeenskap ’n wen-wen-situasie.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos