.
Deel

Tandarts leef sy artistieke droom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Abri Bosman (56) van Fouriesburg het ses jaar gelede sy beroep as tandarts in die Noord-Vrystaat daarvoor verruil om heeltyds kunstenaar te wees.
Abri Bosman (56) van Fouriesburg het ses jaar gelede sy beroep as tandarts in die Noord-Vrystaat daarvoor verruil om heeltyds kunstenaar te wees.

In die afgelope ses jaar het ’n tandarts van die Noord-Vrystaat sy kunstalent stuk vir stuk ontdek, en hom in die Oos-Vrystaat gevestig waar hy nou sy passie ten volle uitleef.

Die 56-jarige Abri Bosman het sy beroep as tandarts vir ’n kunstenaarslewe verruil.

Boonop het hy ná sy verhuising na Bethlehem twee jaar in die ongerepte natuur van Mangochi, Malawi, gaan woon, waar hy na hartelus skeppend kon wees.

“In Malawi het ek hoofsaaklik Chikulu Lodge van Taffy Heske bestuur en opgeknap. Tussendeur het ek dit geniet om vir die vissermanne in die omgewing se kinders kunsklasse aan te bied, en só ’n bydrae in die gemeenskap lewer,” sê hy.

“Malawi se ongelooflike natuurskoon was natuurlik ’n groot inspirasie vir my kuns, en boonop was Chikulu Lodge in ’n kremetartwoud langs die Malawimeer geleë. Enige skepper se droom.

“Die asemrowende sonsondergange en skouspelagtige natuur daar het vir seker my kuns positief beïnvloed.”

Abri se pa, Bossie Bosman, se agterkleinneef was die bekende wild-kunstenaar Paul Bosman, en hy reken sy kunstigheid kan dalk iets daarmee te doen hê.

Op ses jaar het hy perde begin skets, veral resiesperde, en hy is baie trots op ’n groot werk van ’n resiesperd wat hy met oliepastel geteken het.

Hoewel hy in 1976 een kunsles by die skilder­kunstenaar Eugene Hurter ontvang het, het hy geen ander opleiding gekry nie.

Sy natuurlike talente het hy oor die jare ontwikkel deur te skets, totdat hy sy hand aan die verfkwas gewaag het. Abri is ’n veelsydige kunstenaar wat skets met potlood of houtskool op papier; en wat ook al kleur-oliepastelle op wit en swart papier, asook op gekompakteerde hout, beproef het. Op doek skilder hy graag in akriel en olieverf. Hy werk ook met waterverf op papier.

Wilde diere, olifante en natuurtonele is sy gunsteling, en hy geniet dit ook om portrette te doen.

“Wolke het natuurlik hul eie bekoring en fassineer my vreeslik.”

Abri verkoop sy skilderye privaat en bemark dit op Facebook. ’n Gedeelte van die wins skenk hy aan Home4Paws in Lydenburg en die Sonskyn-dienssentrum in Bethlehem.

Abri lees graag oor die kunste en kuns­geskiedenis en het al boeke oor Michelangelo, Leonardo da Vinci, JH Pierneef en The Magnificent Seven – and the Other Great Tuskers of the Kruger National Parkgelees.

Hy is ook ’n vernuftige kok en besit ’n groot seël- en muntversameling.

Tans woon Abri in Fouriesburg, en hy het onlangs oupa geword.

Klein Miné het haar oupa se hart gesteel. Sy is Abri se enigste dogter, Marelize, wat pas as prokureur afgestudeer het, en haar man, Chezni Joubert, se eersteling.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.52
-1.3%
Rand - Euro
19.77
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
975.88
+0.8%
Palladium
1,414.74
+1.0%
Goud
1,959.18
-1.0%
Silwer
23.01
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos