.

Voer voldoen aan vee se behoeftes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
QPro Voere se Bethlehem-fabriek spesialiseer in die vervaardiging van voer vir herkouende en monogastriese diere en wild.
QPro Voere se Bethlehem-fabriek spesialiseer in die vervaardiging van voer vir herkouende en monogastriese diere en wild.

QPro Voere, ’n filiaal van VKB, het fabrieke in Bethlehem en Vrede.

Die Bethlehem-fabriek spesialiseer in die vervaardiging van voer vir herkouende en monogastriese diere en wild, terwyl die fabriek in Vrede hom op braaikuikenvoer, lêmeel en varkvoer toespits.

Vanjaar is die fabriek in Bethlehem opgeknap, en die nuwe lek-aanleg verseker verbeterde kapasiteit en mengvermoë.

’n Nuwe verpillingsaanleg is ook aangebring om aan die verhoogde vraag na verpilde produkte te voldoen.

Onder die verpilde produkte is QPro se ram-, lam- en ooipille, wat geformuleer is om aan die dier se spesifieke behoeftes te voldoen.

Dit kan ook as byvoeding vir ooie en ramme op weidings dien.

Dié pille is geskik om liggaamsmassa op weidings te onderhou en jong diere af te rond, en kan voor teeltyd as prikkelvoeding gebruik word.

Voeding kan oor ’n tydperk van sewe dae aangepas word deur met 200 g per dier te begin en die inname geleidelik tot 0,8-1% van die liggaamsmassa aan te pas.

QPro vul die verpilde skaapreeks verder met lamhokkie-pille, lamkruip-pille, skaap-afrond-pille en stoetram-pille aan.

Die lente en vroeë somer is die tyd waarin weidings verander, koeie kalf en voedingsbehoeftes verander.

Koeie met kalwers kan in hierdie stadium met QPro Produksielek 28 onderhou word.

Dit bevat voldoende proteïene om in hierdie oorgangsfase aan die koeie se behoeftes te voldoen.

Produksielek 28 voorkom gewigsverlies ná kalwing en verhoog melkproduksie.

Dit kan ook gedurende die dektyd as prikkelvoer gebruik word (800 g tot 1 200 g per bees per dag).

Die produk is ook dwarsdeur die jaar vir skape geskik (200 g tot 250 g per skaap per dag).

Gedurende die somer, wanneer weiding groen is, kan ’n fosfaataanvulling gebruik word. QPro Sumphos 15 P6 bevat 6% fosfaat om aan die diere se fosfaatbehoeftes te voldoen. Bykomend tot die fosfaat bevat Sumphos ook 15% proteïene wat vir droogtetoestande voordelig is en proteïentekorte kan uitbalanseer. Inname is 100 g tot 200 g per bees per dag, of 20 g tot 40 g per skaap per dag.

QPro Hefgrow 17 word aanbeveel vir jong diere, bulle, vervangingsverse, jong ooie en ramme vir die uitgroei en afronding op weidings.

Waar voldoende groen weiding, hawer of voersorghum beskikbaar is, word uitstekende uitkomste behaal.

Hefgrow 17 kan ook as aanvulling vir kalwers op somerweiding gebruik word. Hierdie produk bevorder groei.

Uit die 17% proteïene bestaan ’n groot gedeelte uit deurvloeiproteïene van ’n hoë gehalte.

Innames kan van 800 g tot 1 200 g per bees per dag wissel, en van 300 g tot 400 g per skaap per dag.

QPro se ram-, lam- en ooipille, Wildspille, Hefgrow 17 en Sumphos 15 P6 is tot 30 Oktober by alle VKB- en NTK-takke beskikbaar.

Gehalte-voer is teen ’n sakpasprys beskikbaar sodat boere – saam met hul diere – ’n goeie seisoen kan begin.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos