.

Volharding só gekweek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Leef anders in tye van beproewings.

Beskou dit as ’n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring (Jakobus 1:2-3).

Jakobus, die broer van Jesus en leier van die kerk in Jerusalem, skryf op ’n dag aan sy volksgenote in die diaspora wat onder allerlei beproewings gebuk gaan, veral ten opsigte van die politiek en die ekonomie. Hul lewe is omvergewerp, en Jakobus herinner hulle hoe om te midde van hul uitdagings sinvol te leef.

Vandag kan ons ons hiermee vereenselwig, want Covid-19 (en ’n klomp ander slegte goed) het ons lewe omvergewerp.

Jakobus daag die Jode uit om op die regte manier en met die regte perspektief na beproewings te kyk.

Hy gee vier ­kernwoorde om hulle – en ons – te help om die regte perspektief te kry.

  • “Wanneer”: Beproewings is ’n onvermydelike deel van die lewe.
  • “Allerlei”: Beproewings het vele gesigte.
  • “Oorval”: Soos ’n rower oorval beproewings jou.
  • “Bewerkstellig”: Beproewings wil jou altyd by ’n punt uitbring; dit wil iets in jou lewe bewerk.

Jakobus sê dit bewerkstellig volharding in jou geloof.

Nee, ons gaan nie moedeloos word omdat hierdie virus nie sy ry kry nie. Ons gaan beproewings met die regte perspektief benader en weet dit het ten doel om ons geloof te groei en volhard.

  • Ds. Christo Weideman is leraar aan die NG kerk Kroonheuwel-Noord
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos