.

Voor begin en voorspoed is nou verweef

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die afgelope paar weke hou ek ’n vinkmannetjie dop wat kunstig ’n nes in ons tuin verweef.

Ek bewonder die vaal voëltjie wat heeltyd besig is. Hy vleg, werskaf, vlieg weg en kom terug met nuwe boumateriaal, wat hy kunstig en gefokus aanlas by dit wat reeds die nes vorm.

Verlede week sien ek dit tot my skok. Die nessie is verwoes. Onder die boom lê die takkies, blaarslierte en nesreste.

My hart is seer vir die vinkmannetjie. Hy was so toegewyd en het sy nes teen die ander vinkmannetjies verdedig.

Net soos ek hartseer is, dink ek, is hy seker ook hartseer.

Sy beste werk was nie goed genoeg vir die wyfie, sy voornemende maat, nie. Sy het in een dag verwoes wat hom weke geneem het om te bou.

Groot is my verbasing toe ek die volgende oggend die gordyne oopskuif, en daar bou en werskaf dieselfde vink­mannetjie weer fluks aan ’n nuwe nes.

My eerste gedagte: veerkragtigheid. Nie soos vere aan die voël nie. Die HAT sê weerstandsvermoë, met groot herstellingsvermoë.

Veerkragtigheid verseker dat die vink weer aan die werk spring.

Ek sien gereeld hoe veerkragtig my kinders is. Maak nie saak watter draaie die lewe met hulle loop nie, hulle staan op en begin weer voor, net soos die vinkmannetjie.

Veral in vandag se lewe moet ons almal veerkragtig wees, dink ek.

Volwassenes verloor hul veerkragtigheid en spontaniteit. Om weer te begin, nog ’n kans te vat. Kinders laat dit maklik lyk. Wees veerkragtig.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 5/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.76
+0.5%
Silwer
23.90
+1.1%
Palladium
2,106.00
-0.2%
Platinum
1,046.73
+0.4%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,158
-0.5%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.7%
Industriële 25
85,132
+0.2%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos