.

Voortrekkers vier 90ste bestaansjaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Doornkloof, die Voortrekkerplaas net buite Lindley, was die afgelope skoolvakansie weer in rep en roer toe laerskoolleerlinge ná die onderbreking wat Covid-19 meegebring het daar kampeer het.

Vanjaar het 611 kinders en volwassenes die vier kampe vir gr. 4- tot gr. 7-leerlinge bygewoon.

“Ek het die vuurvliegie-nagmars die meeste geniet,” sê Nikki van Biljon, ’n gr. 4-leerling aan die Laerskool Universitas.

Sy was een van die jong Voortrekkers wat hul eerste Doornkloof-kamp begin het deur die plaas in die donker met flitsliggies te verken. Lené Labuschagne en Lia de Boer, leerlinge aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, sê hulle het die speletjies en die sweepvleg erg geniet.

Op die Avontuurkamp het Voortrekkerlede in gr. 7 gewerk om ’n nuwe kenteken te verwerf. Hulle het onder meer geleer hoe om water te filtreer en vuur te maak deur chemikalieë te meng. Die gr. 5-Voortrekkers, wat op Overspruit kampeer het, het aan die verwerwing van twee kentekens gewerk – een vir kundigheid oor varswaterdiere en een vir weerkennis. Van die aktiwiteite waaraan gr. 6-leerlinge kon meedoen, was om te leer hoe om met ’n kettie te skiet en jukskei te speel. By die Beesveldam het hulle kleilat gegooi.

Gr. 10- en gr. 11-leerlinge het die selfbehoudkamp op Doornkloof en omliggende plase bygewoon. Hulle moes onder meer hul eie kos uit die veld kry.

Volgens Willie Engelbrecht, gebiedsleier van Die Voortrekkers in die Vrystaat, is 2021 besonders omdat dié beweging se 90ste bestaansjaar op 30 September gevier is.

Die inperking het verhinder dat groot geleenthede gereël kon word, maar die Vrystaters het op die Sondag-byeenkoms hul 90ste bestaansjaar gevier. Die fakkel wat met die herdenking van die beweging se stigting 85 jaar vantevore deur die land geneem is, is weer op die Doornkloof-seremonie aangesteek.

Volgens Engelbrecht was die kampe ’n groot sukses.

“Al ons Covid-19-protokolle is deur kenners goedgekeur.”

Hy sê daar was voor die kamp heelwat kommunikasie met dr. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, die voorsitters van skole se beheerliggame en skoolhoofde.

Hulle was ook gereeld in kontak met die infeksiebeheerspe­sialis dr. Cloete van Vuuren.

“Ons het wonderlike ondersteuning gehad van drie verpleegkundiges wat in die voorste linie teen Covid-19 ondervinding het. Danksy die Netcare-hospitaal in Kroonstad het ons ook Covid-19-toetsapparate gehad wat ons op die kamp sou kon gebruik indien nodig.”

Daar was heelwat minder kinders en offisiere as vorige jare, maar dit het met fisieke afstandhouding gehelp.

  • Die beweging se feesvieringe word Vrydag (15/10) met ’n aanlyn konsert voortgesit.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos