.

Ma, seun sterf in ongeluk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die bestuurder van dié wit Hyundai het net ligte beserings opgedoen terwyl twee mense dood is.Foto: Murphy Roberts
Die bestuurder van dié wit Hyundai het net ligte beserings opgedoen terwyl twee mense dood is.Foto: Murphy Roberts

Hulle wou ’n familielid gaan ondersteun wat aan die Cape Town Cycle-fietstoer deelneem toe ’n ma en haar seun deur ’n vermeende dronkbestuurder doodgery is.

Die gru-ongeluk het Sondagoggend (10 Oktober) tussen 06:00 en 07:00 op die ou Mamre/Darling-pad, oorkant die Saxon World-slaghuis, gebeur.

Die ma en seun het tussen twee informele handelaars se stalletjies op die bus gewag toe hulle getref is.

Vermoedelik het die bestuurder teen ’n hoë spoed gery toe hy beheer oor sy voertuig verloor en die twee getref het. Verskeie stalletjies is in die slag vernietig en die motor het teen ’n boom tot stilstand gekom, het omstanders op die toneel verduidelik. Ooggetuies op toneel het aan Weskus Nuus vertel die bestuurder was ooglopend besope en was “so dronk soos ’n lord”. Hy het slegs ligte beserings opgedoen.

Een omstander het gesê die man het gery asof die duiwel hom jaag en bygevoeg die pad is altyd besig, omdat smouse reg teen die pad sake doen.

Volgens Nolefefe Mbombo, proporsionele raadslid, is verskeie versoeke reeds aan die Kaapse Stadsraad gerig om spoedhobbels op die besig pad aan te bring, “maar daar kom net dadels van”, vertel sy. “Dit is ’n wonderwerk dat die bestuurder uit die wrak geklim het nadat twee onskuldiges met hul lewe geboet het.”

Volgens wyksraadslid Barbara Rass is dit hartseer wat met die familie gebeur het. Sy sê ongelukkig kan spoedhobbels nie op die hoofpad aangebring word nie. Volgens Rass het hulle wel plek gemaak waar informele handelaars sake kan doen, maar dit word geïgnoreer.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is Nomusa Ndlovu (45) en haar 23-jarige seun, Maqhawe Kingston, op die toneel dood. Die 34-jarige bestuurder, van Saxonsea in Atlantis, is reeds aangekeer. Die bestuurder sal van strafbare manslag aangekla word en nog klagtes kan bygevoeg word sodra die uitslae van toetse beskikbaar is.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos