.

Onderwyser gee homself oor aan polisie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Klagtes is teen 'n Atlantis-onderwyser gemaak.
Klagtes is teen 'n Atlantis-onderwyser gemaak.

Instagram-geselsies met 'n tiener het moontlik ’n bekende onderwyser van Atlantis kniediep in die moeilikheid laat beland.

Die 34-jarige onderwyser het hom Maandag (22 November) in die teenwoordigheid van sy prokureur aan plaaslike polisie oorgegee na 'n aanklag van seksuele gereedmaking teen hom geopen is. 

Volgens kapt. FC van Wyk,  provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n klagte van seksuele gereedmaking is Vrydag (19 November) by die Atlantis-polisiekantoor aanhangig gemaak en is dié saak na die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) verwys.

Volgens ’n betroubare bron, het die onderwyser en ’n 14-jarige leerder op Instagram met mekaar geklets. Die bron na aan die ondersoek, vertel die onderwyser het die minderjarige glo gevra vir foto's van haarself en het elke keer gesê, “I want to see more,” waarna die leerder meer ontbloot het.

Die verdagte het vandag (Dinsdag 23 November) in die Atlantis-hof verskyn en is op R1 500 borgtog vrygelaat.

Die getroude man sal weer 25 Februarie volgende jaar in die hof verskyn. 

Weskus Nuus het na die Wes-Kaapse Onderwysersdepartment (WKOD) uitgereik vir kommentaar. By navraag het woordvoerder Bronagh Hammond gesê hoewel die department nie deur die polisie van die voorval verwittig is nie, het hulle verslae oor die inhegtenisneming ontvang.  "Die gronde vir skorsing sal op die uitslag van 'n ondersoek gebaseer word. Die WKOD sal voortgaan met die ondersoek," het Hammond gesê. Sy het bevestig die onderwyser is tans nie op skool nie.

Volgens Janine Passenz van die Survivors Haven Foundation wat slagoffers van seksuele misdrywe ondersteun, sal mense nooit besef dat hier ’n pandemie binne ’n pandemie is nie. "Wie kan vertrou word as leiers wat veronderstel is om na ons kinders om te sien nie vertrou kan word nie?" het Passenz gevra.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 1
Mamelodi Sundowns 1
besig om te laai... Regstreeks
Glasgow Warriors 0
Dragons 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos